CompetitionsLifestyle

KOMPETISIE: Wen Afrikaans is Groot kaartjies

Die kompetisie sluit vanaand om 00:00. Wenners sal Vrydag gekontak word.

Afrikaans is Groot is terug, kompleet met ’n nuwe kleur, geur, baadjie, selfs ’n nuwe lokaal en sonder enige twyfel, met groter betowering as ooit.

Afrikaans is Groot het 10 jaar gelede ontstaan as ’n idee om die grootste Afrikaanse snitte op een versamelalbum te voeg. Die handelsmerk het ongelooflike ondersteuning van Afrikaanse mense ontvang, uit sy nate gebars en gegroei tot waar dit vandag die grootste konsert in die land is.

Afrikaans is Groot gaan oor trots, vol-mond musiek en ’n ervaring vir ons mense, in ons geliefde taal. Dit is ’n feesviering van jou gunsteling Afrikaanse kunstenaars op ’n verhoog wat meeding met enige internasionale konsert.

Ons doel is om Afrikaans met musiek uit te bou en groot te hou.

Kaartjies vir Afrikaans is Groot kan by Computicket aangeskaf word.

Besonderhede:

Datum: Saterdag 1 Desember 2018

Tyd: 19:30

Plek: Sun Arena @ Time Square, Menlyn Maine

KOMPETISIE:

Rekord het twee dubbel kaartjies om weg te gee vir Saterdagaand se vertoning. Om in te skryf vir die kompetisie, vul die onderstaande vorm in en gebruik die woorde ‘AFIKAANS IS GROOT’.

Competition form

Back to top button