CompetitionsLifestyle

Wen kaartjies na Afrikaans is Groot!

Maak gou, kom skryf in om kaartjies te wen na Afrikaans is Groot.

Net minder as 100 000 musiekliefhebbers het reeds hul kaartjies gekoop vir Afrikaans is Groot 2016. Dis die konsert se 5de bestaansjaar en beloof om groter as ooit te wees. Van die beste en gewildste Afrikaanse kunstenaars, insluitend Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue & Riana Nel gaan die skare tydens 11 ongelooflike konserte vermaak!

Die gehoor kan uitsien na ‘n ongelooflike duet tussen Laurika Rauch en Die Heuwels Fantasties.

Na die sukses van Classics is Groot het die uitvoerende vervaardigers besluit dat die Nederlandse wonderkind, Amira, by hierdie jaar by Afrikaans is Groot sal optree. Met haar engelstem word enige gehoor bekoor met liedjies soos Nella Fantasia en Die Onse Vader.

Met beligting en ‘n verhoog vanuit die boonste rakke, talentvolle dansers en die land se top musikante asook asemrowende uitrustings gaan die gehoor oomblikke beleef wat hul asems behoorlik weggeslaan. Maar geen vertoning is volmaak sonder die beste kunstenaars en hulle treffers nie, en hierdie keer gaan Afrikaans is Groot 2016 nog groter gaan!  Met spesiale verskynings deur Laurika Rauch, Karen Zoid, Leah asook Ricus Nel gaan die gehoor behoorlik bederf word.

Ander kunstenaars sluit in Dewald Wasserfall, Jay & Lianie May, Jannie Moolman, Karlien van Jaarsveld, Eden, Corlea, asook die Tshwane Gospel Choir.

Afrikaans is Groot 2016 – is hierdie jaar beslis groot.

KOMPETISIE:

Staan ‘n kans om kaartjies te wen na Afrikaans is Groot. Om vir die kompetisie in te skryf, vul gerus die onderste kompetisie vorm in en gebruik die woord ‘AFRIKAANS’ in die sleutelwoord blokkie.

Competition form

 

Back to top button