Trotseer die koue met deelname aan bekende padwedloop

Dis binnekort weer tyd vir die Garsfontein Ice Breaker padwedloop, wat vanjaar ten baie van die barmhartigheidsprojekte van die Garsfontein NG Kerk.

Die bekende Garsfontein Ice Breaker padwedloop, wat sedert 2008 jaarliks ’n mid-winter instelling vir padatlete in Gauteng geword het, word weer volgende naweek op Saterdag 6 Julie aangebied.

Terwyl die aksie sal afskop en later sal eindig op die sportgronde van die Laerskool Garsfontein, kronkel die roete van die wedloop deur die strate van die Garsfontein voorstad.

Hierdie wedloop is in die verlede al aangewys as Suid-Afrika se beste georganiseerde padwedloop en verlede jaar het bykans 2000 atlete daaraan deelgeneem. Atllete word uitgenooi om die koue te trotseer en hulself warm te hardloop deur die strate van Garsfontein.

Die netto finansiele opbrengs van die wedloop word aangewend vir barmhartigheidsprojekte van die Garsfontein NG Kerk.

Vooraf inskrywings kan gedoen word by https://www.entryninja.com of by die Garsfontein NG Kerk in Emmie Hartmannstraat 285.

Die wedloop, wat deur die Wingate Road Runners en die NG Kerk Garsfontein aangebied word, en onderhewig aan die reëls van ASA en AGN aangebied word, behels ’n 21km halfmarathon en ’n 10km wedloop, asook ’n 5 km pretloop. Terwyl die 10km wedloop en de 21km halfmarathon om 07:00 sal wegspring, kom die pretdrawwers in die 5km wedloop om 07:15 aan die beurt.

Navrae kan gerig word aan Claude by 083-564-3630.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie

Exit mobile version