Local sportSchool sportSport

Curro Hazeldean maak skoonskip by Pretoria C-bond atletiek interhoër

Ná hul skitter-vertoning by verelde naweek se Curro Podium nasionale eindrondte was dit geen verrassing toe Curro Hazeldean Woendsag by die Pretoria C-bond atletiek interhoër stof in die oë geskop het van al hul teenstanders en al drie die kategorieë op die telbord gewen het nie.

Rekord het dit voorspel, nadat Curro Hazeldean verlede Saterdag verras het met hul tweede plek by die nasionae Curro Podium byeenkoms.

Uiteindelik het hulle dit in styl gedoen en skoonskip gemaak by Woensdag se Pretoria C-bond atletiek interhoër.

Curro het al drie die afdelings gewen. Dit beteken beide hul seuns- en meisies spanne (1259 en 1271 punte onderskeidelik) het met hul teenstand afgereken, terwyl hulle op die algemene telbord (2530 punte) ’n gerieflike oorwinning behaal het oor hul naaste teenstander, Hoërskool Wonderboom (2336.5 punte).

Wonderboom is gevolg deur Rietondale High School (2067.5); Hoërskool Erasmus (1974); Hoërskool Harbeespoort (1799); Uitsig High School (1793); HTS John Vorster (1391); Pretoria Boys High School (1232.5) en Pretoria Girls High School (885.5).

Wat die seuns- en meisies spanne betref het dinge bietjie anders verloop. Pretoria Boys High (1232.5) was tweede, gevolg deur die seuns-spanne van Wonderboom (1097); Rietondale High (993); Erasmus (954.5); Uitsig (889), HTS John Vorster (863) en Hartbeespoort (854).

In die afdeling vir meisies-spanne betref was Wondeboom (1239.5) tweede, gevolg deur Rietondale High (1074.5); Erasmus (1019.5); Hartbeespoort (945); Uitsig (904); Pretoria Girls High (885.5) en HTS John Vorster (528).

Hierdie interessante uitslae gaan beslis sorg vir hewige debat in die raadsale wanneer daar besluit moet word watter skool volgende jaar gerelegeer moet word na die D-bond. Dis ’n ingewikkelde situasie wat die wysheid van Salemo gaan benodig om op te los.

Curro Hazelden sal natuurlik opskuif na die B-bond in 2025, terwyl hul plek ingeneem sal word deur Hoërskool Pretoria-Noord, wat Donderdag agtste geëindig het in die B-bond.

Die standaard van die atletiek wat opgedis is by die C-bond, veral in die baanitems, word gerugsteun deur die 33 byeenkoms rekords wat in die slag gebly het. Hiervan het Curro Hazeldean se atlete gesorg vir 26 nuwe rekords – meer as tweederdes van die totaal.

Puriste wat ’n voorliefde het vir naellope kon dié byeenkoms behoorlik geniet. Dit was veral Curro Hazeldean se naellopers wat gesorg het vir puik vertonings. Bayanda Walaza het byvoorbeeld beide die 100m (10,45s) – dis 890 punte op Atletiek SA se Athletics Performance Evaluation (APE) tabel werd – en die 200m (21.65s en 829 APE punte) met nuwe rekord tye gewen.

In die o.17 ouderdomsgroep het ’n titaniese styd geheers tussen André Olivier van Hartbeespoort en twee atlete van Curro Hazeldean, Zattu Hlongwane in die 100m en Inam Dlunge in die 200m.  Olivier het dié stryd oortuigend gewen met oorwinnings in beide die 100m (10,58s en 897 APE punte) en die 200m (21,32s en 893 APE punte).

Die byeenkoms is uitstekend aangebied deur Uitsig High School van Rooihuiskraal in Centurion.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button