LettersOpinion

BRIEF: Goeie werk vir Sinoville-polisie

Op 17 Mei 2019 het drie booswigte besluit om hul wraak en haat op 'n onskuldige vrou uit te haal.

 

Dr. Joyce Samons skryf:

Dit is vir my ’n groot voorreg om vandag hierdie e-pos namens my vriendin J Borman aan u te kan stuur ten einde gemelde persone te bedank vir hul professionele, vriendelike, spoedige en akkurate optrede op ’n traumatiese dag.

Op 17 Mei 2019 het drie booswigte besluit om hul wraak en haat op ’n onskuldige vrou uit te haal. Twee van die booswigte het haar voor haar huis in Doornpoort oorval en met soveel geweld haar Toyota Prado se deure, wat gesluit was, in mikro-sekondes oopgebreuk. Sy is deur die een met ’n wapen gedreig terwyl die ander een die voertuig deursoek het. ’n Derde persoon het in ’n silwer Opel Corsa vir hul gewag waarmee hul dan gevlug het.

Ons is die Here ewig dankbaar dat haar lewe gespaar is.

Die drie booswigte het duidelik geweet dat hul deur die selfoon opgespoor kan word en daarom het hulle haar selfoon langs die pad uitgegooi. ’n Week later is haar identiteitsdokument en bestuurslisensie in Tembisa gevind en is hierdie twee klein gebeure wat bygedra het tot groot lof en eer aan ons Hemelse Vader.

Sinoville-polisie en die gewapende reaksie van Doornpoort area was spoedig op die toneel.

Dit maak ons opgewonde om te kon sien hoe ons as Suid-Afrikaners saam kan staan in ’n oomblik van nood.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button