LettersOpinion

BRIEF: Verskietende ster

"Interessant genoeg het ons om en by middernag by ons bestemming aangekom waar ons vriende dieselfde storie vertel het waar hulle om die kampvuur gesit het, maar hulle het ook ontploffings gehoor."

Ek en my seun was Donderdagaand op pad Ellisras toe, en net noord van Brits, om presies 20:20 volgens my motor se horlosie, het ons dieselfde ervaring gehad van ’n meteoor wat van oos na wes, verbygeflits het.

Aanvanklik was dit ’n baie helder wit ligstreep, wat spoedig na groen verander het namate dit wes beweeg het en toe sekondes later in ’n helder oranje-geel vuurbal ‘ontplof’ het.

Interessant genoeg het ons om en by middernag by ons bestemming aangekom waar ons vriende dieselfde storie vertel het waar hulle om die kampvuur gesit het, maar hulle het ook ontploffings gehoor.

Ek het navraag by die spoorsnyers/veldwagters die volgende oggend gedoen en hulle het presies dieselfde storie vertel en ook van die ontploffings gepraat wat hulle gehoor het.

Die uitsondering is dat hulle hele omgewing helder verlig was vir die tydsduur van die episode en waar ons vanaf Brits die ligstreep ver Noord gesien het, het die petalje hom skynbaar bokant ons vriende in Limpopo (Stockpoort / Steenbokpan-omgewing) afgespeel.

’n Interessante een keer in ’n leeftyd ervaring.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button