BRIEF: Hoekom beurtkrag?

'n Leser van Centurion lig sy bekommernis oor aanhoudende kragonderbrekings.

Dis erg genoeg as ons hier in Centurion kort-kort kragonderbrekings as gevolg van donderstorms moet beleef, en dan nog, nadat ons vir 12-ure as gevolg daarvan sonder krag was, ’n driekwart-uur nadat die kragtoevoer herstel is, vir ongeveer twee ure daarná, nog beurtkrag ook moet ondergaan!

Die kragonderbreking as gevolg van die donderstorms, het op 12 Februarie om ongeveer 02:00 by ons in Wierdapark begin en die krag is eers om ongeveer 14:15 herstel.

En dit net nadat ons die kragopwekker vir ongeveer vyf minute aan die gang gehad het!

Beurtkrag is om ongeveer 15:00 ingestel en het voortgeduur tot ongeveer 17:00.

Pleidooie aan die plaaslike munisipale verteenwoordiger van ons gebied om Eskom te versoek om nie nog beurtkrag op ons gebied ná die herstel van die 12-ure kragonderbreking, ook toe te pas nie, het nie gerealiseer nie.

Dit toon maar net weereens in welke netelige posisie die verbruiker/belastingbetaler in hierdie land verkeer.

Alhoewel ons kwansuis in die “nuwe SA” woonagtig is, geld die wet van die “ou SA” steeds naamlik: “K@k/koop en betaal is die wet van Transvaal”.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version