BRIEF: Nog bidders word gesoek

In Openbaring 5:8 lees ons dat gelowiges se gebede vir God soos waardevolle reukwerk is: “En toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk wat die gebede van die heiliges is.”

 

’n Nasionale Gebed vir Suid-Afrika byeenkoms (United Prayer 4 South Africa) word vir 22 tot 24 Februarie beplan.

Reg oor SA is daar bykans 200 gebedstasies waar mense saamkom om te bid.

Mense vra: “As die Here weet wat morê inhou, hoekom is dit nodig om nog te bid?”

Gekwalifiseerd kan ons sê dat die Here reeds alles uitgewerk het, maar veronderstel niemand sal meer na vandag bid nie, moet ons in gedagte hou dat vele dinge kan gebeur wat nie Sy wil was nie.

Ons tekortkominge se oorsaak is dan biddeloosheid.

Die Here is nie die outeur van sonde nie en het nie die sondeval beplan nie. Dis nie Sy wil dat iemand iets onverskillig en onverantwoordelik aanvang nie.

Die Here het vir die mens vrye wil gegee om self keuses te maak.

In Deuteronomium 30:19 sê die Here: “Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag.”

Al is God alwetend is dit ook waar dat Hy Sy wil kan verander of wysig.

Die Bybel is vol voorbeelde. Genesis 18:23 wys uit waar Abraham die Here vra om nie Sodom en Gomorra te verwoes nie. Dan antwoord die Here Abraham: “Ek sal dit terwille van die tien nie verwoes nie”.

God is bereid om Sy plan terwille van een persoon se gebed te verander.

In Numeri 14 lees ons dat die Here toornig was oor Israel, want die volk wou nie die beloofde land binnegaan nie, blykbaar bang vir die reuse. Maar Moses kom en hy tree in vir sy volk by God en vra: “Here, vergeef hulle asseblief.”

In vers 20 lees ons dat God vir Moses sê: “Ek vergeef hulle, volgens jou woord.” Dat God bereid is om van Sy plan af te sien ter wille van een wat pleit. In Jesaja 38 lees ons dat die Here sy profeet Jesaja na Hiskia stuur met ’n boodskap: “Jy gaan sterwe en nie lewe nie.”

Hiskia nader en pleit voor God vir genade. Die Here stuur vir Jesaja terug nog voordat hy by die paleis uit is, met ’n boodskap: “Gaan sê vir Hiskia; Ek voeg 15 jaar by sy lewe.” Om te dink dat die mens se gebede vir God so belangrik is, gaan ons verstand te bowe.

Efesiërs 3:20: “En aan Hom wat mag het om te doen, ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk”. Ons lewens sal nie dieselfde wees sonder gebed nie.

Suid Afrika se toekoms is nie net in die hand van die regering nie, maar ook in die hand van God se kinders.

Dis waarom Jesus sê: “Julle is die lig en die sout in die wêreld.” Om die rede sê Paulus vir Timoteus: “Bid vir diegene wat oor julle aangestel is, sodat julle ’n stil en ’n rustige lewe kan lei (1Tim.2:1-3).” Bid ons nog vir ons owerhede?

Kom ons roep die Here aan sodat ons die effek van gebed meermale kan beleef. Jakobus 4:2 meld “Julle het nie omdat julle nie bid nie.”

Gebed voorsien bonatuurlike krag en uitkoms. Jakobus 5:16 noem: “Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.”

Dit beteken dat ons gebede ’n geweldige verskil kan maak.

In Openbaring 5:8 lees ons dat gelowiges se gebede vir God soos waardevolle reukwerk is: “En toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor die lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk wat die gebede van die heiliges is.”

In die hemel word al die gebede van al die heiliges opgevang as duursame en kosbare reukwerk vir God. Voor God dra ons gebede gewig. In die hemel kan selfs die serafs en engele nie iets produseer wat so kosbaar en spesiaal is as ons gebede voor God nie.

In Jesus sien ons die grootste bidder van alle tye. As gebed vir Hom belangrik was dan soveel te meer vir ons? Elkeen wat tot God bid se gebed is vir Hom baie kosbaar.

Die gebedsbyeenkoms vind Sondag 24 Februarie te AGS Corpus Christi Pretoria Noord in Tileba (hoek van Punctata en Wouter straat regs langs Tileba-vleismark) plaas.

Dit skop om 17:00 af en duur tot 18:00.

Vir navrae kontak Dr Andries Putter: 082-600-1524, Pastoor Vasti Putter: 084-564-596, Pastoor Ephraim Mpedi: 082-568-7111, of stuur ’n epos na info@agscorpusnoord.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version