LettersOpinion

BRIEF: Hernuwing van lisensies

Die proses is vol foute.

Goeie dag,

Ek deel die frustrasie van vele ander. Ek het verlede week probeer om ’n afspraak te maak om my lisensie te hernu.

Die sisteem wys slegs die beskikbare tydgleuwe vir jou. Jy het geen ander opsies nie.

Jy kan elke dag sien watter sentrums nuwe afsprake beskikbaar het, maar jy kan nie self kies waarheen jy wil gaan nie. Wat op die lys is, is op die lys en jou keuse tel nie.

Ten tye van my poging was daar sleg afsprake beskikbaar in Roodepoort en Randburg. Jy kan nie eens kies dat jy na Centurion of Aksia wil gaan nie.

Ek verstaan ook van persone in my gemeenskap dat sekere kantore wel tot 10:00 enige “walk-ins” help en eers van 11:00 af dié help wat aanlyn afsprake gemaak het.

Die proses is vol foute.

Jy kan steeds amptenare omkoop om jou te help, wat teen ’n stewige koste kom.

Ek gaan maar my kans waag en in die ry staan om as ’n “walk-in” gehelp te word.

Wat wel help, is dat die aansoekvorm aanlyn beskikbaar is, maar ek weet nie of hulle die kopieë aanvaar as jy in die ry staan nie.

Vyf jaar gelede wou hulle hê jy moet die vorm dáár invul.

Groete,

Tineil

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button