LettersOpinion

BRIEF: Everest, hier kom ek

In 1975, toe hy en ’n span bergklimmers byna by die piek van Everest gekom het, beland hulle vir drie dae in ’n dodelike storm.

In April se Time tydskrif vertel Xia Boyu “I love Mount Everest, I will fight for it my entire life.”

Dit is letterlik wat hy gedoen het.

In 1975, toe hy en ’n span bergklimmers byna by die piek van Everest gekom het, beland hulle vir drie dae in ’n dodelike storm.

Xia het sy slaapsak vir ’n baie siek maat gegee en die gevolg van die goeie daad was dat hyself as gevolg van die uiterse koue albei sy voete verloor het.

Asof dit nie genoeg was nie, het hy in 1996 klierkanker ontwikkel.

Na komplikasies was daar vir die dokters geen ander opsie nie as om beide sy bene bo sy knieë te amputeer.

Dit was asof hierdie terugslae hom net meer vasberade gemaak het.

In 2014, 2015, en 2016 probeer hy weer om die piek te bereik en misluk.

In 2017 verbied die regering hom en ander gestremdes om weer te probeer en moes hy ’n regstryd voer om die verbod opgehef te kry.

Uiteindelik het hy in Mei 2018 die piek bereik. Dit het hom byna 40 jaar geneem. Op 69 jarige ouderdom kry hy dit reg!

Ons het dikwels in ons lewe ook ’n Everest wat voorlê. Dit kan in verhoudings, finansies, gesondheid of beroep wees.

’n Goeie beginpunt in hierdie reis kan wees om weer ’n paar dinge te onthou.

God weet waar jy nou in jou lewe is en wat vir jou wag en die Heilige Gees pleit namens jou by die Vader – Romeine 8:27

God wil ook die berg wat voorlê vir jou ten goede laat uitwerk – Romeine 8:28

En bo alles: Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here. Romeine 8:38.

Geen berg is te hoog vir God se kinders nie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button