LettersOpinion

BRIEWE: Diepe waardering oor heldedaad

Vir elke gebaar van welwillendheid van elke vreemdeling, vriend, dokter en terapeut op my helingspad: Baie dankie.

Op 21 Mei 2018, onderwyl oppad terug van ’n ETAScan in Louis Trichardtstraat, het ek in 8e Laan duiselig geword en geval.

Ek wil graag langs hierdie weg my diepe waardering oordra aan diegene wat my te hulp gekom het: die arbeider bekend as Godfrey; Dr Jurie Vermeulen en Me Ingrid Jansen van Rensburg van FEBA Christelike Radiostasie wat my langs die pad sien lê, opgehelp en dokter toe geneem het; Dr Karien la Kock en personeel; die personeel van die X-straal afdeling by Eugene Marais Hospitaal; die ortopediese chirurg Dr Hans Swart en personeel.

’n Spesiale woord van dank aan Sandra en Marius Bester van Spor-t Print vir hul bystand met vervoer.

Die ervaring het my opnuut bewus gemaak van ons menslike broosheid en my herinner aan die woorde van Albert Einstein: “’n Mens het ’n keuse: Jy kan lewe asof niks ’n wonderwerk is nie; of jy kan lewe asof álles ’n wonderwerk is.”

Vir elke gebaar van welwillendheid van elke vreemdeling, vriend, dokter en terapeut op my helingspad: baie dankie. In hierdie persoonlike konteks versinnebeeld elkeen van julle vir my ’n integrale deel van die “ doel en doen” in “wonderwerk”. Mag dit eksponensieël na julle toe terug kom.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button