BRIEF: Ons sê dankie vir die skoon strate

"Dis 'n fees om in pretoria se middestad vanoggend te stap."

Dis ’n fees om in Pretoria se middestad vanoggend te stap.

Die strate is die eerste keer in baie, baie maande skoongemaak. Op elke hoek het daar altyd hope vuilgoed gelê, die asblikke het oorgeloop, en sommer in sulke hope om die asblikke gelê.

Elke oggend wens ek ek kan my foon uithaal en foto’s neem van dié vrot toestand, want dit voel of die hele stad se hart so lyk.

En iemand het die naweek alles skoon gemaak. Selfs die sypadjies is gevëe.

Dit sit ’n lied in my hart vandag.

Baie dankie vir die mense wat dit gedoen het!

Dit sal wonderlik kan wees as julle dalk kan sê: ons sê dankie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version