LettersOpinion

Wetsongehoorsaamheid in die Moot

Mense in die Moot neem die wet in hul eie hande.

Carin Thirion skryf:

Daar is inwoners wat geen ag slaan op die snelperke in woongebiede nie.

Hulle jaag nes hulle wil.

Dan is daar die sogenaamde rat runners.

Dis die mense van ander gebiede wat probeer om nie in Parkerstraat, Steadlaan en Soutpansbergweg te ry nie.

Hulle jaag deur die woonbuurt se kleiner strate en kyk hoe vinnig hulle by die Tom Jenkins/Soutpansbergweg-kruising kan kom.

Daar aangekom, kan hulle ook nie wag vir ’n groen lig nie en versnel om deur die oranje lig of selfs die rooi lig te jaag.

Terwyl hulle met hierdie onwettige gedrag besig is, is die bestuurders nog besig om op hulle selfone ook te praat.

Daar is geen respek vir wette en nog minder vir die gevaar wat hulle skep vir ander mense nie.

Daar is heelwat verkeerskalmeringsmaatreëls in plek in Rietondale, maar die motoriste steur hulle nie daaraan nie.

Verskeersirkels, toegeetekens, verkeershobbels – noem hulle maar op – word verontagsaam om ’n paar minute tyd te wen.

Dit word gedoen ten koste van die veiligheid van ander padgebruikers.

Wat verder verstommend is, is die feit dat daar kinders in baie van hierdie voertuie vervoer word.

Hulle is ooggetuies van ongehoorsaamheid aan die wet.

Meer kalmeringsmaatreëls sal geen verskil maak nie.

Die klem moet op wetstoepassing val en dit is die verantwoordelikheid van die metro- polisie.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button