LettersOpinion

Só het die wiel toe gedraai

Want as jy deesdae lopende kraanwater wil hê, moet jy liewer in Gauteng bly.

Verras skryf: Watter verrassende verloop van sake dat die wonderlike Kaapstad nou ’n bakermat van ellende geword het.

Die afgelope klompie jare het Kaapstad in die oë van baie ontpop in ’n paradys van orde en bekwame bestuur. Groot getalle Gautengers se diepste begeerte was om daarheen te verhuis. ’n Paar maande gelede hoor ek ’n merkwaardige syfer by ’n meubelvervoerder.

Hy het vertel dat hy iets soos 700 keer per maand ’n huishoudelike trek van Gauteng na die Kaap vervoer.

Eiendomspryse in die Kaap het in die proses belaglike hoogtes bereik. Maar nou draai die wiel.

Want die Kaap se water het opgeraak. Ek lees iewers dat selfs eiendomspryse daar nou dalende neigings toon.

Want as jy deesdae lopende kraanwater wil hê, moet jy liewer in Gauteng bly.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button