Nogsteeds tyd vir anti-vuurwerke

Skrywer sê nee vir vuurwerke.

Die stof het gaan lê. Die skole het heropen. Die DBV’s kan weer asem skep.

Maar dit wat 31 Desember gebeur het, is nie vergete nie. Nie vir die honderde eienaars wat hul geliefde troeteldiere aan die dood afgestaan het nie.

Nie vir honderde beseerde en vreesbevange honde nie.

Maar die lewe gaan aan vir almal anders, want dit is mos maklik om te vergeet wat jou ure van vuurwerke-pret aan duisende diere gedoen het.

Die mense wat steeds dink dit is “cool” om vuurwerke te skiet, moet net by die DBV gaan uitvind hoe hulle oujaarsaand beleef het.

Faceboek het oorgeloop van nare stories en foto’s van beseerde en dooie diere na die vuurwerke.

Ons moenie weer ’n jaar wag voor ons die anti-vuurwerkeprentjies versprei nie, ons moet dit NOU doen.

Net selfsugtige mense skiet vuurwerke.

Christia Newbery, Machadodorp.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version