Moot raadslid lewer puik diens

"Ek is ’n ou inwoner van die Moot Rietfontein en het gesukkel met straatligte wat buite werking was."

Geagte Redakteur,

In die Rekord Pretoria Moot van 12 Januarie 2018 was ’n berig genaamd “Raadslede reg om struikelblokke aan te durf” met foto’s van die volgende raadslede – Elma Nel, Frans Smith, Roelof Fourie en Elmarie Linde.

Ek is ’n ou inwoner van die Moot Rietfontein en het gesukkel met straatligte wat buite werking was.

Ek het die kwessie met die metro opgeneem, sonder enige sukses.

Ek het die bogenoemde berig gelees en onmiddellik vir raadslid Smith geskakel. Hy was baie vriendelik en het my ’n paar vrae gevra, onder meer die paalnommer, naaste straathoek aan my erf, kontaknommer en my volle naam.

Ek het verwag dat dit minstens ’n week sou neem voor daar aan my probleem aandag gegee sou word, maar tot my verbasing is die straatligte dieselfde dag nog aangeskakel.

LEES OOK: Open letter to Malema about H&M protest

Baie dankie aan Raadslid Frans Smith vir diens uit die boonste rakke!

(Brief verkort)

Belasting Betaler

Hans Deetlefs

Frans Smith se terugvoer

Beste Hans

Baie dankie vir die mooi woorde! Dit is altyd lekker om erkenning te kry. Ons is ook so afhanklik en dankbaar teenoor die amptenare wat uitvoering aan versoeke gee.

Mooi dag,

Frans

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version