Leser bekommerd oor huispryse

Rekord-leser skryf oor huispryse.

Leser skryf:

Almal van ons trek swaar in Suid-Afrika. Hoekom jou huur so belaglik hoog maak vir so ’n klein spasie om in te woon?

Maak jou pryse redelik, dan gaan jy ook jou huurder langer hou.

Ons almal het geleer as ’n ding te duur is, loop verby.

Die huiseienaars het agtergekom die meeste mense in SA is nie kredietwaardig nie en kan dus nie koop nie, so word ’n huurder uitgebuit.

Almal het regte en die wet is toepaslik vir almal.

As jy voel iets is te duur, rapporteer dit by die verbruikersraad.

Ek wonder hoeveel mense wat verhuur is geregistreed by SARS.

Om so ’n besigheid te kan bestuur, moet jy die wet volg want dis ’n besigheid waardeur jy inkomste verdien en dit moet aangebring word op jou tax return.

Ek wonder of huurders jou deposito reg hanteer want dit mag nie gebruik word vir maintanance nie.

Daar moet ’n rekening oopgemaak word vir die deposito om rente te beloop terwyl jy huur, waarop jy as huurder enige tyd aanspraak kan maak om uit te vind hoeveel rente jy het.

Huurders moenie bang wees om te gaan kla as jy voel jy word benadeel nie. Hier praat ek uitsluitlik van “back yard” verhuring.

Jy kan ook ’n klagte gaan lê by die Rental Housing Tribunal (RHT) of die ou verhuringsraad. Hulle is by jou munisipaliteitkantore geleë.

Ons is almal moeg om uitgebuit te word as dit by verhuring kom van privaat huiseienaars en daar sal daarna gekyk moet word en riglyne opgestel word wat word verhuur volgens grootte van die woning.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version