Pretoria-skole presteer in nasionale debatskompetisie

Twee spogskole van Pretoria het in 'n nasionale kompetisie bewys Afrikaanse debat staan sterk in die land se hoofstad.

Die finale ronde van AfriForum se Dink of Sink onvoorbereide debatskompetisie vir hoërskoolleerders het onlangs by Akademia se Leriba-koshuis in Centurion plaasgevind.

Die kompetisie word jaarliks met uitdunne in vyf streke vir junior en senior spanne aangebied, waarna die streekswenners in die finale ronde teen mekaar meeding om die nasionale wenners te bepaal.

In die junior afdeling het spanne van Hoërskool Framesby, Afrikaans Hoër Meisieskool Pretoria, Hoërskool Durbanville, Merensky Landbou Akademie en C & N Sekondêre Meisieskool Oranje teen mekaar meegeding.

Senior kategorie wenners van Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria: Ignus Ferreira, Wian van Rooyen en Naudé Lourens.

Hoërskool Durbanville se Angelique en Genevive Myburgh en hul spanmaat Lenae le Roux het as die nasionale kampioene uit die stryd getree, met Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se Anja Botha, Dané van Graan en Heide Potgieter in die tweede plek.

In die senior afdeling was die vyf streekswenspanne van Hoërskool Framesby, Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria, Hoërskool DF Malan, Hoërskool Pietersburg en C&N Sekondêre Meisieskool Oranje afkomstig.

Die span van Afrikaans Hoër Seunskool Pretoria, bestaande uit Wian van Rooyen, Ignus Ferreira en Naudé Lourens het met die louere as wenners vanjaar weggestap.

Volgens Nicolene Müller, projekkoördineerder van die kompetisie, was dit in beide gevalle naelbyt-eindstryde.

“Die room van die room het teen mekaar gedebatteer. Die entoesiasme van die leerders tydens die streeksuitdunne en die finaal weerspieël dat Afrikaanse debat sterk staan. Ons sien uit daarna om die kompetisie in 2024 nog verder uit te brei en oor die hele land heen te versterk.”

Pretoria paneelklopper se raaiselagtige dood verg meer omsigtigheid van polisie – familie

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version