Local news

Skool- en gemeenskapskore tree by Voortrekkermonument op

Die Monumentale Koorfees 2023 was die eerste van sy soort wat by die VTM aangebied is.

Die afgelope naweek het op ’n skouspelagtige wyse afgesluit by die Voortrekkermonument (VTM).

Honderde gaste het saamgekom om ’n dag van goeie musiek te geniet met die Monumentale Koorfees.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Adamo Kamerkoor en SingFonix mans-ensemble het saam gewerk om die geleentheid moontlik te maak.

Die Monumentale Koorfees 2023 was die eerste van sy soort wat by die VTM aangebied is met..

Skool- en gemeenskapskore tree by Voortrekkermonument op
Skool- en gemeenskapskore tree by Voortrekkermonument op

Daar was verskeie skool- en gemeenskapskore wat net weer bewys het dat kunste in Suid-Afrika kan kers vashou by die beste in die wêreld.

Hannelie van Sittert, dirigent en afrigter van die Adamo Kamerkoor, het gesê sy is baie opgewonde oor hierdie fees en die blootstelling die sangers kry.

“Vanjaar was dit die eerste keer wat ons hierdie fees aangebied het saam met die FAK en SingFonix.

“Dit was werklik fantasties om te sien hoeveel mense nog die plaaslike kunste ondersteun.

“Ons kunstenaars, jonk en oud is werklik wêreldklas en dit is hoekom feeste soos hierdie so belangrik is om hierdie musikante sulke blootstelling te gee.”

FC Pelser, kommunikasiebeampte van die VTM, het as seremoniemeester opgetree tydens die fees en is dit met Van Sittert eens dat die kunste in Suid-Afrika ’n blink toekoms het.

“By die Voortrekkermonument en FAK is die ontwikkeling van ons jeug vir ons baie belangrik,” het hy gesê.

“Wanneer die FAK ’n projek aanpak, is dit opvallend hoe baie jongmense betrokke raak en dit gee mens werklik hoop vir die toekoms.

“Dit is duidelik dat die jeug van ons land is baie passievol oor hul taal, kultuur en geskiedenis.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

Back to top button