Villiera polisie se Kersfeesboodskap

Kom ons glo in mekaar om saam ’n verskil te maak in ons gemeenskap.

Die Villieria-polisiestasie het ’n moelike jaar agter die blad, maar wil inwoners moed gee met ’n positiewe Kersfeesboodskap.

“As ons kyk na die jaar wat verby is, sien ons pyn, voete en seer harte,” sê adjunk-offisier, Marinda Austin.

“’n Jaar is verby sonder om ’n masker te dra, ’n jaar van beurtkrag wat deel geword het van ons lewe.

“Dit was ’n jaar van misdaad, wat diefstal, moord, aanranding en inbrake ingesluit het.

“Maar as ons kyk na die jaar wat voor ons lê, kom ons sien hoop, genesing, krag, dankbaarheid en sommer trots.

“Kom ons glo in sterk wees.

“Al is daar dinge wat verkeerd gaan, al is daar misdaad, kom ons wees gelukkige mense, want gelukkige mense is mooi mense.

“Kom ons glo in mekaar om saam ’n verskil te maak in ons gemeenskap.

“God is ons anker, kom ons glo dit.

“Mag God julle, en julle hartsmense seën met sy kosbare liefde en genade en sy gees julle harte volmaak.

“Mag julle die grootse geskenk van alle tye, Jesus Christus, ontvang en mag hierdie Christusfees, ’n fees van liefde, genade en hoop wees.

“’n Geseënde Kersfees en voorspoedige 2023.”

Austin vra ook dat die Moot-gemeenskap volgende jaar probeer saamwerk om misdaad te bekamp om hulself en hul families veilig te hou.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version