AdvertorialSponsored

VERTEL ONS VAN JOU BESIGHEID!

Het jy al ooit daarvan gedroom om jou eie besigheid te begin of jou bestaande besigheid na die ‘volgende vlak’ te neem? Dan is hierdie kompetisie vir jόύ bedoel!

Radiokansel, I AM Youth en die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en sy bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum, span kragte saam met TBN in Africa om ‘n unieke entrepreneurskap kompetisie te loods. Ons wil hê dat jy ons meer van jou besigheidsidee of -onderneming vertel!

Waarom ‘n entrepreneurskap kompetisie?

Ons het onsself afgevra: Hoe kan ons ons luisteraars help om suksesvolle entrepreneurs te word, nuwe werksgeleenthede in hul gemeenskappe te skep en ook tot positiewe ekonomiese groei by te dra? Dit het tot die ontstaan van die Pitch Your Business!-kompetisie gelei. Hierdie kompetisie vorm deel van ‘n entrepreneurskap-opleidingsprogram vir voornemende, beginner- en kleinsake-entrepreneurs.

Kostelose kwaliteit-entrepreneurskap opleiding

Talle entrepreneurs het fantastiese, kreatiewe idees met die vooruitsig om inkomste te genereer en in hul gemeenskap te belê. Die waarskynlikheid van nuwe of kleinsake-entrepreneurs om hul ondernemings te volhou en te laat groei, is ongelukkig laag. Die besighede vou ongelukkig dikwels as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Met die Pitch Your Business!-kompetisie poog Radiokansel om luisteraars en deelnemers met die nodige inligting en vaardighede toe te rus om die waarskynlikheid te verhoog om volhoubare besighede te begin en te laat groei.

Twee honderd inskrywings in 2023!

Radiokansel is baie dankbaar en staan in verwondering oor die tweehonderd entrepreneuriese luisteraars wat in 2023 vir die Pitch Your Business!-kompetisie ingeskryf het. Vanjaar doen ons dit weer! Radiokansel sal hoë gehalte aanlyn-opleiding verskaf deur hande te vat met die Noordwes-Universiteit se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe en sy bhive Ondernemingsontwikkelingsentrum. Die Universiteit rus toekomstige entrepreneurs aanlyn toe met kennis oor hoe om die noodsaaklike basiese beginsels van entrepreneurskap strategies toe te pas. Hierdie aanlyn opleiding is gratis!

Die wenners van die Pitch Your Business!-kompetisie sal bemarkingspakkette ter waarde van R1 miljoen op Radiokansel en vennoot-mediaplatforms ontvang. Die algehele wenner ontvang promosieblootstelling ter waarde van R500 000, asook deurslaggewende in-diepte mentorskap deur die Universiteit.

Almal welkom

Jy hoef nie alreeds ‘n besigheid te besit om deel te neem aan die kompetisie nie. Jy kan ook jou besigheidsidee inskryf en op-die-koop toe gratis aanlyn in-diepte opleiding ontvang. Deelnemers van enige ouderdom is welkom.

 

Registreer nou!

 Registrasies sluit binnekort, op 30 Junie 2024 om middernag. Daar is geen beter tyd as ‘nou’ om kosteloos vir hierdie kompetisie te registreer nie.

Registreer aanlyn op www.iamyouth.co.za of www.radiokansel.co.za onder Pitch Your Business!’ Competition

Back to top button