AdvertorialSponsored

My Car Boot Sale: Pretoria se beste tweedehandse mark

Elke Saterdagoggend kom Pretorianers van oral bymekaar by die Pretoria Rugbyklub vir die "My Car Boot Sale"-mark.

Hierdie unieke geleentheid, wat van 07:30 tot 12:00 duur, het ‘n geliefde mark in die gemeenskap geword en bied ‘n heerlike geleentheid om tweedehandse items direk uit die kattebak van hul motors te koop en te verkoop.

My Car Boot Sale het sy reputasie verwerf as die beste plek om tweedehandse items in Pretoria te koop en te verkoop, en het die gesogte titel in Rekord se “Best of Pretoria” kompetisie vir beide 2022 en 2023 gewen.

Hierdie toekenning is ‘n bewys van die mark se gewildheid en die kwaliteit van items wat beskikbaar is, wat dit ‘n bestemming maak wat besoek moet word vir enige winskopiejagters en eko-bewuste kopers.

Die mark bied ‘n gesinsvriendelike atmosfeer, met gratis toegang vir kopers. Troeteldiere word ook verwelkom, wat verseker dat selfs jou vier poot vriende ‘n oggend uit kan geniet.

Van vintage klere en antieke meubels tot boeke, speelgoed en huishoudelike items – daar is iets vir almal by die My Car Boot Sale mark.

Helga Roper, die dryfkrag agter hierdie suksesvolle mark, het ‘n ruimte geskep waar gemeenskapslede bymekaar kan kom om hul besittings te herwin en te hergebruik, vermorsing te verminder en volhoubaarheid te bevorder. “My beloning is die gesprekke met vreemdelinge, om te kyk hoe innoverend mense is en om een oggend per week in die buitelug te spandeer,” sê sy.

Die mark bied nie net ‘n uitstekende platform vir verkopers om ‘n bietjie ekstra kontant te maak nie, maar ook vir kopers om unieke en bekostigbare items te vind.

Of jy nou besig is om jou stoor kamer op te ruim, opsoek is ‘n unieke item, of bloot ‘n lekker oggend saam met vriende en familie wil geniet, My Car Boot Sale is die plek om te wees.

Vir meer inligting, volg My Car Boot Sale op Facebook en Instagram.

Back to top button