Hoërskool Centurion verwelkom nuwe skoolhoof

Hy is die agtste hoof van die skool.

Hoërskool Centurion het verlede week hul nuwe skoolhoof tydens ’n geskiedkundige funksie ingehuldig.

Mnr. André Labuschagne wat reeds as waarnemende hoof gedien het, het homself reeds bewys deur elke taak met deernis, liefde en omgee vir die skool aan te pak en altyd die leerders en personeel se beste belange op die hart te dra. Hy is die agtste hoof van die skool.

Labuschagne het in sy toespraak gesê dat ’n skoolhoof ’n leier moet wees, omdat die skool reeds baie bestuurders het. Hy glo dat ’n leier spasie moet skep vir mense om hulself te kan uitleef en kreatief te kan wees.

Hy het goeie verhoudings beklemtoon en almal bedank wat deel is daarvan dat die skool steeds vorentoe groei. Aan die ouers het hy genoem dat hy graag ’n skool wil skep waarop almal trots kan wees. Vir leerders wil hy ’n veilige ruimte sien waarin hulle kind kan wees, hulself kan uitleef en hul potensiaal kan ontwikkel.

Vir die personeel het hy beklemtoon dat hulle die skool se belangrikste bate is en dat hul saamwerk om leerders te leer van lojaliteit, integriteit, uitnemendheid, respek en geloof – die pilare waarop die skool gebou is. Dit sal bydra daartoe dat sy ideaal verwenslik kan word: om leerders wat ’n wesenlike verskil in die lewe kan maak die toekoms in te stuur.

“Ek staan voor ’n nuwe seisoen in my lewe en sien ongelooflik uit daarna.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version