News

Bekende Moot grapgat – Kaas Bra- sterf skielik

Die bekende Moot grapgat, Liaan van der Westhuizen of beter bekend as Kaas Bra se dood is Dinsdag op sy blad aangekondig.

Die bekende Moot grapgat, Liaan van der Westhuizen of beter bekend as Kaas Bra se dood is Dinsdag op sy blad aangekondig.

Van der Westhuizen van Gezina het bekend geword vir sy satiriese grappe en videos wat hy op sy Facebook-Blad gedeel het.

Hy het meer as ‘n half miljoen volgelinge op sy gewilde Facebook-blad gehad.

Van der Westhuizen is die pappa van twee klein kinders.

Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend gemaak nie.  Hier is die boodskap wat vanoggend gedeel is op sy blad:

“Dit is met n bitter seer hart om aan te kondig dat Ons Pa, Seun, Broer, vreugdebringer en vriend vanoggend oorlede is.
“Ons gebede is met sy familie en vriende, ons wil ook net baie dankie se aan elke Follower vir julle jare se lojaliteit en ondersteuning, en dankbaar aan Kaasbra vir al sy jare dat hy Suid Afrikaaners maak lag het.
“Rus in Vrede Kaasbra jy sal altyd in ons harte bly.” 
Ironies genoeg het Van der Westhuizen twee weke gelede ‘n video geplaas vir mense om na te dink – wie gaan die langste langs jou graf staan eendag wanneer jy sterf.

Kyk die video hier:

Van der Westhuizen se dood het omtrent ‘n oproer op sosiale media veroorsaak met baie mense wat dink hy is Jan Bloukaas, wie se regte naam Jean du Plessis is.

Jan Bloukaas het in 2017 oornag beroemd geword vir sy liedjie – Ek hou van Kaas, bra!

Jean du Plessis het in 2022 sy breinkankerdiagnose op Instagram bekend gemaak en veg steeds moedig voort.

Hy het Dinsdagoggend ‘n video op Facebook geplaas waarin hy bekend gemaak het dat hy teen vanmiddag uitslae sou kry oor die onlangse toetse wat hy ondergaan het.

Jean het gister sy 25ste verjaarsdag gevier.

Kyk die video hier:

Lees ook: Hoërskool Centurion verwelkom nuwe skoolhoof

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button