Hoërskool Garsfontein wen eerste ATKV-Sêrkompetisie

Die nasionale sêr-mentors, Frieda van den Heever en Francois van der Merwe, moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys danksy al die tienergroepe wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.

Hoërskool Garsfontein het met hul opvoering van Checkers Sixty60 Superheroes daarin geslaag om as die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie by die Kunstekaap-teater in Kaapstad op 23 September weg te stap.

Mercia Eksteen, woordvoerder van die ATKV, sê: “Beoordelaars is deur die skool se groep met hul ritmes en klanke oorrompel.”

Sy verduidelik dat die nasionale sêr-mentors, Frieda van den Heever en Francois van der Merwe, behoorlik moes kopkrap om die wenners aan te wys danksy al die tienergroepe wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.

Garsfontein het met drie pryse weggestap: Beste produksie en wenner van R20 000, asook die ATKV-Sêrwisseltrofee, beste musikaliteit met die tema, Checkers Sixty60 Superheroes en beste nuwe komposisie vir die nuwe liedjie: “My droom werk”.

Vier produksies is na die nasionale finaal genooi. Nog ’n wenner in ’n sub-afdeling was Hoërskool Parel Vallei met “Koerant”.

Leier van die groep van Hoërskool Garsfontein, Ruan Odendaal, wat met ‘n nasionale toekenning weggestap het. Foto: Verskaf

Die afrigter van die groep, Ruan Odendaal, verduidelik dat as hoof van uitvoerende kunste by die skool, hy uitermatig trots op die groep is.

Hy sê die idee om die Checkers Sixty60 Superheroes-tema te gebruik, het begin by ’n opmerking van ’n ma in die skool wat hom gevra het wie sy held in die lewe is.

“Ek het al dikwels universiteitgroepe vir sulke kompetisies afgerig, maar hierdie keer was dit vir my ’n groter uitdaging om ’n tema te vind waarmee lede van die groep mee kon identifiseer,” voel Odendaal. “Ek het gedink hoe komkommerkoel sal dit wees as hulle kan dink hul is elk hul eie helde.”

Hy verduidelik die groep se wenliedjie, “My droom werk”, was die groep se eie komposisie en het as tema die lewe se superhelde.

“Almal is vir iemand ’n held. En almal is in staat om vir iemand ’n held te wees. Almal van ons kry ’n uitmuntende geleentheid om iets te doen om iemand se lewe te verander,” glo hy.

Vir hom en die groep was ’n voorbeeld van so ’n held die drywers van die kettingwinkelgroep wat elke dag so hard werk om met hul motorfietse inkopies af te lewer.

“Wat sal ons sonder hulle doen?” vra Odendaal.

Vir hom was die lede van sy sanggroep uniek.

“Elke kind het vir hom ’n plekkie in die groep gevind. Dit het gewys op die manier wat hulle mekaar aanvaar het. Dit was nie die kinders van die populêre groep nie, maar kinders met deursettingsvermoë. In my oë is hulle elkeen ’n superheld.’

’n Klankopname van die ATKV-Sêrfinaal word op Sondag, 29 September om 16:00 op Fine Music Radio uitgesaai.

– KYK: So lyk die Hoërskool Garsfontein se sêrgroep se produksie: https://www.facebook.com/ATKVSA/videos/8444461895611301

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version