ActionSA verlaat Tshwane-koalisie

Tshwane burgemeester Cilliers Brink staar nog ’n mosie van wantroue op 26 September in die gesig, namate ActionSA gereed is om hul standpunt oor die stadsraad-koalisie te hersien.

ActionSA President Herman Mashaba het Saterdag in Atteridgeville aangekondig dat sy party die Tshwane-koalisie verlaat.
Die party was deel van die koalisieregering vanaf 2021.

Tshwane burgemeester Cilliers Brink staar sy derde mosie van wantroue in die gesig op 26 September.

As gevolg van prosedurale en regsredes, is daar nie oor die vorige twee mosies in Julie en Augustus gestem nie.

“Ons moet ons bande met hierdie koalisie-regering in Tshwane sny,” het Mashaba gesê terwyl hy ondersteuners in die Saulsville Arena op Saterdag aangespreek het.

https://x.com/ActionSA_GP/status/1834938286013399133

Hy het gesê die verkiesingsresultate in Mei was ’n gevolg van ActionSA se vebintenis met die Veelparty-handves.

Die besluit om die koalisie te verlaat is deur die ActionSA-senode Vrydag geneem, as gevolg van die realiteit na die verkiesing en “die vele gevalle van wanbestuur wat ons in Tshwane waargeneem het”.

“Ons sal nooit sulke ernstige besluite net sommer neem nie, nie om net iemand se ego te bevredig of om iemand te beledig nie. Veral wanneer daar’n regering reeds in plek is wat vir die mense werk, Tshwane, in hierdie geval,” het hy Maandag in ’n verklaring gesê.

Mashaba sê sy party het altyd teen onnodige veranderinge aan regerings wat werk gepraat.

“Sover as wat dit die Tshwane-metro betref, wil ons dat beide die media en Tshwane-inwoners ons ’n bietjie meer tyd gun om die verskeie moontlike koalisievennote te raadpleeg vir die beste uitkoms,” sê Mashaba.

’n Ooreenkoms is destyds tussen die DA, ActionSA, FF+, ACDP, IFP en COPE op 15 Desember 15, 2021 bereik, wat strategiese prioriteite insluit oor interne indiensneming, binnestadse hernuwing en immigrasie, en het dit die basis vir ’n koalisie-regering in Tshwane gevorm.

ANC-raadslid Frans Boshielo, in sy motivering van die mees onlangse mosie van wantroue, sê die mosie is gebring as gevolg van die metro se skuld van R6-miljard aan Eskom en R15-miljoen aan Rand Water. Dit sluit ook in d

ActionSA-president Herman Mashaba in Atteridgeville. Foto: X/ @ActionSA_GP

ie vertraging van pensioenfondsbetalings, onnodige besteding aan nuwe aanstellings en ’n laat inhandiging van vyf kwartaallikse ouditprestrasiekomiteeverslae.

DA Tshwane-woordvoerder Kwena Moloto het die vorige week gesê die party is teleurgesteld deur ActionSA, en let op die party se weiering om met die koalisie saam te werk, ten spyte van veelvuldige pogings om dit te oorreed.

“ActionSA het sy Tshwane koalisie-vennote met algehele minagting behandel,” sê Moloto.

“Dit is duidelik ActionSA beoog om vir ’n mosie van wantroue te stem.”

Moloto sê Mashaba het sy voorkeur vir ’n koalisie met die EFF duidelik gemaak.

Die FF Plus het sy toewyding aan die Tshwane-koalisie beaam, en het daarop aangedring dat ActionSA die vordering wat deur die huidige regering gemaak is erken en verhoed dat die stad gedestabiliseer word.

Burgemeestersraadslid Grandi Theunissen van die FF Plus het ’n beroep om samewerking en stabiliteit gemaak om die metro se uitdagings tegemoet te kom.

“Alhoewel die Tshwane-metro se probleme nie oornag opgelos sal word nie, is dit belangrik om te let dat die koalisie se pogings alreeds sekere positiewe resultate gelewer het,” sê hy.

“Die verskeie partye het hard gewerk sedert die koalisie die metro oorgeneem het om dit deur uitdagende tye te stuur ten voordeel van al sy inwoners.

“Die FF Plus doen ’n beroep op al sy koalisie-vennote, veral ActionSA, om saam te staan, die nodige stabiliteit te skep en hul toewyding aan komende werk te demonstreer.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version