AdvertorialNews

Elma McKenzie

Elma McKenzie is ‘n welbekende Skoonheidsterapeut, die stigter van Placécol Cosmetics en ‘n internasionaal bekroonde op haar vakgebied. Sy is die huidige eienaar van Elma McKenzie Laserkliniek hier in die Ooste.

In 1980 het Elma ( vroeer ‘n Radioterapeut) haar groot droom om ‘n eg Suid- Afrikaans vervaardigde reeks Kosmetiese produkte plaaslik te vervaardig, bereik. Met moeilike toegang tot die Manketti neut tydens die Bos-oorlogsjare -aangesien die Manketti slegs in die Caprivi streek voorkom. Manketti kern olie het die basis gevorm van die welbekende Placécol reeks.

Haar man, Leslie was ‘n apteker. Hy het die vervaardiging van Placécol behartig. Hulle het patente regte ( patent 838842) vir die farmaseutiese en kosmetiese gebruik van Manketti olie geregistreer. (Manketti se wetenskaplike naam is Recinodendron Rautanenii Schinz)

Leslie en Elma McKenzie in die Placècol Laboratorium ( 1980)

Al die bekende ingevoerde Skoonheidsmiddels in die Kosmetika bedryf, was destyds slegs in apteke beskikbaar ; dus was dit hulle uitdaging om Placécol innoverend in apteke in S.A. te versprei. Later is die Placécol reeks ook in Skoonheidsklinieke versprei. In 1983 word die patent “Elma McKenzie Laser Method” geregistreer en is Laserbehandeling gebruik om Placécol Cosmetics landswyd in apteke te bemark.

Elma McKenzie Spa, Beauty en Laser kliniek was verskeie kere aangewys as die “Best Beauty Clinic in S.A.” of onder die top 3 klinieke in die land. Verder ook ‘n SAAHSP en CIDESCO geakrediteerde kliniek, waar sy uitstekende behandelinge aan haar kliënte kon bied.

Vandag is Elma McKenzie ‘n baie bekende in die Somatologie kringe en staan sy aan die stuur van haar Skoonheidskliniek in die Ooste van Pretoria. Van die gewilde behandelings sluit in IPL Laser, Nd-Yag Laser, Micro-Needling, Bio-ontrimpeling, Chemiese Afskilferings en gespesialiseerde verjongingsterapie behandelinge.

Op ‘n meer persoonlike noot is Elma baie aktief betrokke by liefdadigheids organisasies. Haar lewens motto is “Elke krisis is God se geleentheid.”

Om meer oor Elma McKenzie Laser Kliniek te wete te kom, volg haar op Facebook, of www.elmamckenzie.co.za (epos- elma@elmamckenzie.co.za)

Back to top button