Local newsNews

Tshwane beloof om aan park indringers aandag te skenk

Maatskaplike werkers sal ontplooi word om vas te stel of die mense na hawelose skuilings moet word.

Die Tshwane metro soek ’n geïntegreerde benadering oor hoe om met mense, wat in verskeie parke in die stad hul tuisgemaak het, om te gaan.

Verskeie inwoners in die metro het hul kommer uitgespreek oor die swerwers in die parke, wat vrese wat verband hou met veiligheid aanwakker, terwyl andere bekommerd is oor die omgewingsimpak deur die hawelose mense.

Hierdie probleemparke is aan Rekord uitgewys wat Silverton Kongo Park, Piering Park in Elarduspark, Jubilee Square Park in Sunnyside, Jackson van Zyl Park in Tileba en Jopie Fourie Park in Pretoria-Noord insluit.

Jopie Fourie Park in Pretoria-Noord. Foto: Verskaf

Die metro het egter belowe om maatskaplike werkers te ontplooi om vas te stel of die mense wat in parke regoor Tshwane hul tuis maak, hervestiging na hawelose sentrums vereis.

Die gemeenskaplike en sosiale ontwikkelingsdienste departement sê dit sal verder relevante departemente inspan om probleme soos haweloosheid en besetting/plakkery van parke en openbare areas aan te spreek.

Dit volg nadat die situasie by die Jimmy Aves Park in Garsfontein onder die soeklig geplaas is met belastingbetalers in die area wat ’n beroep op die metro doen om die indringers in die park dringend te verwyder.

Die belastingbetalers, veral natuurliefhebbers, het kwessies oor veiligheid en ekologiese skade wat aangerig word, uitgelig.

Hulle kla oor die agteruitgang van die parke en grootskaalse rommelstrooiing.

Hulle blameer ook die metro vir die versuim om die parke se instandhouding deur uitstekende standaarde te handhaaf wat verband hou met veiligheid, netheid en ’n goed-gereguleerde openbare area vir die gemeenskap om te geniet.

Jimmy Aves Park in Garsfontein. Foto: Itumeleng Mokoena

Die Jimmy Aves Park was eens beskryf as pragtig met ’n stroom, tennisbaan, voetpad en ’n area om met jou hond te kan stap.

In ’n poging om die park na sy vorige glorie terug te bring, het inwoners van Garsfontein en omliggende areas die metro versoek om die swerwers dringend te verwyder, munisipale verordeninge toe te pas en te verseker dat die bedryfsure nagekom word.

Zintle Mahlati, woordvoerder van die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskap en Sosiale Ontwikkelingsdienste, sê maatskaplike werkers sal ontplooi word om bepalings te doen om vas te stel of die mense wat in die parke woon na hawelose sentrums verskuif moet word.

“Indien die mense instem om na die skuilings oorgeplaas te word, sal die departement poog om die mense te hervestig.”

Mahlati sê daar moet kennis geneem word dat die dienste van die departement vrywillig is.

“Die mense moet egter bereid wees om hervestig te word. Die departement beskik nie oor die bevoegdheid om mense te dwing om die park te verlaat en na die skuilings te hervestig nie. Die verordeninge val onder die Tshwane metro polisie departement,” sê sy.

Sy sê die stad sal in ooreenstemming met die Tshwane Beleid vir Haweloses werk om skuilings in die streek te vestig om hawelose mense te akkommodeer.

“So ’n inisiatief sal uitgerol word in oorleg met gemeenskapsbelanghebbendes en organisasies sonder winsbejag (OSWs).”

Mahlati voeg by dat die metro kyk na die gebruik van ongebruikte geboue in die streek en om huurooreenkomste met OSWs aan te gaan om sulke skuilings te bestuur.

Die gehawende toestand van Silverton Park. Foto: Verskaf

Sy sê relevante departemente sal gekoördineer word om aandag te skenk aan kwessies van haweloosheid.

“Die stad het ’n Geïntegreerde Verordeningstoepassingkomitee gestig om die toepassing van die stad se verordeninge in ’n geïntegreede wyse te vergemaklik. Relevante departemente word in die komitee verteenwoordig.”

Die hawelose mense in die park ontken egter bewerings dat hulle betrokke is by kriminele aktiwiteite en die plaaslike ekologie beskadig.

Hulle het ’n begeerte om hervestiging as hulle die kans kry uitgespreek en om negatiewe persepsies te weerlê wat met hul teenwoordigheid in die park verband hou.

Ten spyte van plakkery in die park, dring haweloses daarop aan dat hul geen bedreiging vir die buurt inhou nie soos deur die plaaslike belastingbetalers beweer word. Hulle het ’n diep verlange na ’n toekoms wat hulle ’n blaaskans van hierdie wrede ondersoek bied.

Indien die kans om te hervestig en hul lewens weer op ’n ander plek te herbou, waar word, sal meeste van hulle die geleentheid met ope arms aangryp, sê hulle.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button