AdvertorialLocal newsNews

EDUPLEX stap weg as kategorie-wenner!

Jonathan is op 17 Augustus aangewys as die eerste plek wenner van die o/16 kategorie vir sy spel op die klassieke kitaar.

Jonathan Coetzee, ’n Gr10 leerder aan Eduplex Hoërskool, het sy ouderdomskategorie gewen by die Nasionale Victoria Bennett kompetisie. Hierdie kompetisie was voorheen die Philip Moore kompetisie genoem en slegs die heel beste jong musikante in die land maak dit selfs deur die eerste rondte.

Hulle kompeteer nie in instrument-groep nie, wat beteken dat al die instrumente teen mekaar getoets word en ‘n leerder dus werklik die beste uitvoerende musikant moet wees om die prys te wen. Hulle word deur ‘n paneel van beoordelaars gemerk wat almal spesialiste in hulle verskillende velde is.

Hierdie jaar het die paneel bestaan uit mense soos Prof Waldo Weyer, Prof Tinus Botha, Malané Hofmeyer-Burger, Ashan Peiris, Wessel van Wyk en Carel Henn. Hierdie kompetisie word ook internasionaal erken.

Jonathan is op 17 Augustus aangewys as die eerste plek wenner van die o/16 kategorie vir sy spel op die klassieke kitaar.

Back to top button