Spoorweguitbreiding vir Tshwane aan die kom

Die uitbreidingsprojek in Tshwane beteken dat treine onder andere reis na plekke soos Mamelodi, Atteridgeville en Limpopo.

Die Gautengse regering is besig om sy plan te versnel om spoorprojekte te voltooi wat die Tshwane-spoornetwerk aan ander in die provinsie en nog verder te verbind.

Die plan vir Tshwane sluit in die verbintenis van die vervaardigings- en motorbedryf binne die metro, die Gauteng/Limpopo sneltrein en om die Gautrein-sisteem te verleng na gemeenskappe in die ooste en verre weste van Pretoria.

Hierdie planne, waarvan die konstruksiespertye nog nie bevestig is nie, beoog om die skepping van werksgeleenthede in die provinsie te versnel, om ekonomiese groei te verbeter en spoorweg-infrastruktuur te moderniseer.

Die versnelling is deel van die provinsie se vyf-jaar plan wat deur Premier Panyaza Lesufi in sy provinsiale rede op 15 Augustus aangekondig is.

Dit sluit in om te verseker dat die 14-jaar-oue snelspoornetwerk bedrywighede binnekort na streke in Soweto via Fourways, Lanseria, die Vaal en Springs verleng word, en in Tshwane dat die Gautrein verleng word na Mamelodi en Atteridgeville.

Rekord verstaan dat areas soos Hazeldean, Eerste Fabrieke, Olievenhoutbosch en Irene ook by die verlenging sal baat.

Tydens Lesufi se provinsiale rede by Change Bible Kerk in Ekurhuleni het hy gemeld dat verskeie beleggingsprojekte wat miljarde werd is, beplan word vir Gauteng om ekonomiese groei in die provinsie aan te spoor.

Hy sê dat Gauteng R120-miljard oor minder as twee jaar in die uitbreiding van die Gautrein-netwerk sal belê.

“Hierdie uitbreiding word verwag om meer as 125 000 werksgeleenthede gedurende konstruksie oor vyf jaar te skep. Die bod vir die konstruksie van hierdie spoorlyne sluit einde Oktober.”

Die Gautrein en Gauteng provinsie beplan al lank om Gauteng se geïntegreerde snelspoornetwerk uit te brei om die toenemende opeenhoping op provinsiale paaie aan te spreek en om werksgeleenthede te skep.

Die Gauteng Bestuursagentskap het ’n lewensvatbaarheidstudie onder die raamwerk vir Openbare Private Vennootskappe onderneem.

Volgens die agentskap is die studie voltooi en aan die Nasionale Tesourie voorgelê, waar dit vir goedkeuring wag voordat Fase 1 mag begin.

Kaart van voorgestelde verlengingsfases van Gauteng se geïntegreerde sneltreinnetwerk.

Die lewensvatbaarheidstudie het die volgende spoorverbindings en stasies geïdentifiseer:

– ’n Verbinding tussen Marlboro en Soweto, met ’n addisionele stasie by Sandton, sowel as nuwe stasies by Randburg, Cosmo City, Little Falls, Roodepoort en Jabulani;
– ’n Verbinding tussen Jabulani en Mamelodi deur Cosmo City, met nuwe stasies by Fourways, Sunninghill, Olievenhoutbosch, Irene, Tshwane-oos, Hazeldean, en Mamelodi;
– ’n Verbinding tussen Rhodesfield en Boksburg met nuwe stasies by die Oosrand Winkelsentrum en Boksburg; en
– ’n Verbinding tussen Cosmo City en Lanseria-lughawe met nuwe stasies by die Wieg van die Mensdom (Cradle of Humankind) en Lanseria.

Lesufi het ook uiteengesit dat sy regering hom verbind het om met hul ampsgenote in Limpopo saam te werk om passasierspoorvervoer tussen die twee provinsies te verbeter.

“Saam met ons Limpopo-ampsgenote, is ons nou gereed om die proses te begin om die Limpopo/Gauteng-sneltrein te bou.”

Hy sê die lewensvatbaarheidstudie is byna afgehandel en die sneltrein sal meer as 18 000 werksgeleenthede tydens konstruksie skep.

“Gauteng en Limpopo gaan saamwerk sodat die mense van Gauteng maklik na Limpopo kan reis en ’n sneltrein gebruik.”

Lesufi sê die Ukuvuselela-projek, die Gauteng/Oos-Kaap se hoëkapasiteit spoorgang vir voertuigvolumes, sal binnekort tussen Tshwane en Gqeberha gebou word.

Die werk behels die moontlike opgradering na ongeveer 17 strategiese dubbeldraai-uitbreidings op die hoofspoorlyn van die Suidgang vanaf die Waltloo-werf in Pretoria en die Kaalfontein-spoorterminaal na die hawe in Gqeberha.

“Die doelwit is om bestaande spoorweë te moderniseer en om hulle om te skep in a hoë-volume, volhoubare spoorvrag logistiek wat die Suid-Afrikaanse motorbedryf sal dien.

“As gevolg hiervan, sal die Gauteng se ekonomie uitsluitend sy vooraanstaande posisie definiëer en behou in die vervaardigings- en motorbedryf.”

Hy sê die projek kan byna 4 000 konstruksie en 1 000 permanent werksgeleenthede skep tydens die werk aan die projek.

Politieke partye het egter die provinsiale rede gekritiseer.

Gauteng DA leier, Solly Msimanga, sê Lesufi het geen oplossing gebied vir Gauteng se diensleweringsprobleme nie.

“Dis nie die eerste keer dat Lesufi die sneltrein meld wat Gauteng en Limpopo sal verbind nie. Ons moet egter eers die basiese beginsels in ons eie provinsie regkry. Slaggate moet reggemaak word en ons paaie moet behoorlik in stand gehou word.

“Die premier se hoogdrawende planne om die ekonomie te laat groei sal ’n droom bly as die kernkwessies wat beleggings afweer nie reggemaak word nie.”

Hy sê die DA sal al die beloftes monitor om die premier verantwoordbaar te hou.

“Ons sal seker maak dat wanneer diensverskaffers aangestel word om kritieke infrastruktuurprojekte te bou, hulle hierdie projekte betyds en binne begroting voltooi. Hierdie projekte mag nie ’n kontantkoei word vir optimistiese besighede wat die regering se koffers wil melk nie.”

EFF Gauteng-voorsitter Nkululeko Dunga sê die provinsiale rede was vol beloftes, maar die party verwelkom egter die beleggings- en ekonomiese groei-verpligtinge. Veral nadat die Arbeidsmag-opname vir die tweede kwartaal van 2024 wys dat Gauteng se werkloosheidsyfers aanhou styg na meer as drie miljoen mense wat reg en gereed is om te werk maar nie kan nie omdat hulle nie arbeid in industriële spilpunt van die land kan vind nie.

“Ons hoop om hulle hierdie keer vervul te sien. Dit is egter noemenswaardig dat sekere van Lesufi se verpligtinge nie konsekwent is nie en nie aan die meerderheid projekte verantwoord wat hy beweer aan die gang was in die vorige provinsiale rede nie.

“Terwyl ons die heringebruikneming en uitbreiding van spoorwëe en die verlenging van die Gautrein oor streke verwelkom, doen ons ’n beroep op die regering om doelbewus op te tree om die verval te keer van die vervaardigings- en prosesseringbedryf. Dit sluit in die tekstielbedryf in Tshwane, vervaardiging van staal in Sedibeng, en mynwese, logistiek, en vervaardiging in Ekurhuleni.

“Die EFF verwelkom die premier se erkenning van die behoefte vir die regering om ’n aktiewe rol in die ekonomie te speel en om werksgeleenthede te skep. Ons glo dat ons waarlik net werksgeleenthede in die provinsie kan skep deur ’n massiewe belegging in openbare infrastruktuur soos spoorwëe en padnetwerke om die beweging van mense en goedere te fasiliteer en die ontwikkeling van nuwe nywerhede.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version