Geen oop vure in Tshwane tot einde September, waarsku brandweer

Die geen-brandtydperk word ingestel om die risiko van onbeheerbare brande te verminder gedurende die hoë-risiko maande van Augustus en September.

Die Tshwane metro het ’n geen-brandtydperk tot 30 September aangekondig.

Die Departement van Nooddienste in Tshwane sê die tydperk het op 5 Augustus begin en dit geld vir alle individue, organisasies en grondeienaars wat binne die metro grens val.

Woordvoerder Lindsay Zwelithini Mnguni sê die geen-brandtydperk word ingestel om die risiko rondom onbeheerbare brande te verlaag gedurende die hoë-risiko maande wat in Augustus en September val.

Hy sê gedurende die tydperk is alle brandaktiwiteite insluited beheerbare brande streng verbode tensy dit spesifiek deur Tshwane gemagtig is.

“Grondeienaars wat brandoperasies wil uitvoer gedurende die geen-brandtydperk moet vooraf toegestemming van die Nooddienste departement verkry.”

Mnguni sê toestemming word op die volgende kritiese faktore gebaseer, insluitend:

– Brandgevaar indeks/ Fire Danger Index (FDI)

– SA Weerdiens waarskuwings

– Inspeksies deur brandbeskermingsbeamptes

Mnguni sê aansoeke moet aan die Hoof van Nooddienste via e-pos by emergencyservices@tshwane.gov.za ingedien word of persoonlik afgelewer word aan die Brandveiligheidafdeling by Bosman brandweerstasie, op die hoek van Minnaar- en Bosmanstrate.

Hy sê afdelings 9 en 10 van die Tshwane Brandbrigade se verordeninge lui soos volg:

– Om onbeheerbare, oop of onbeheerde vure te stig word verbied. Uitsonderings sluit in vure vir goedgekeurde stowe, vuurherde en apparate vir kosvoorbereiding, mits dit veilig bestuur word.

– Grondeienaars moet voorbrande (fire breaks) maak om brandgevare te vermy. Vir stedelike eiendomme, moet gras en onkroud nie langer as 150mm wees nie. Landelike eiendomme moet ’n 5m-veiligheidsbrandgordel sonder enige plantegroei handhaaf.

“As hierdie regulasies nie nagekom word nie, kan dit regsgevolge inhou.

“Alle aktiwiteite moet aan die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande, 1998 (Wet 101 van 1998) en relevante regulasies voldoen, wat die bestuur en voorkoming van veldbrande beheer.”

Vir enige brand of reddingsnood, kan inwoners die tolvrye nommer 107 skakel of die Nooddienste by 012 358 6300/6400.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version