Skole-uitstalling beklemtoon leerders se beste werke

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys het kuns van sy 30 skole regoor die land bymekaar gebring en vertoon.

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) het ’n uitstalling by sy kantore in Moreletapark gehou om die beste en mooiste kuns wat deur sy leerders gemaak is, te vertoon.

Gaste het Woensdagmiddag eerstehands die kreatiwiteit waartoe die jongmense in staat is te siene gekry.

“Kuns, in alle vorme, speel ’n kritieke rol in die lewens van kinders deur hulle te help om hul kreatiewe, emosionele, en intellektuele potensiaal te ontdek en te ontwikkel,” sê uitvoerende hoof, Lucia van Wyk.

“Dit is ’n uitlaatklep en gee vir kinders ’n veilige ruimte om hul emosies te verken en verwerk.”

Kinders kry ook ’n kans om aan hul motoriese vaardighede, kritiese denke en probleemoplossing te werk.

Die beste kuns van die organisasie se 30 skole regoor Suid-Afrika is gekies om by die geleentheid uitgestal te word.

Kuns is gewys van leerders so jonk as graad R tot matriek.

“Meer as ’n 1 000 kuns- en beeldhouwerke is hierdie jaar vir die BCVO se jaarlikse kunstefees ingeskryf en beoordeel.

“Daar is elke jaar sulke pragtige inskrywings, en hierdie jaar was geen uitsondering nie.”

Gaste kon sop, sjerrie en tee geniet terwyl hulle die kunswerke besigtig het.

Van Wyk het aan Rekord gesê dat hulle net ’n paar van die kunsstukke kon vertoon, maar dat hulle wens hulle kon meer wys.

Sy het gewys hoe sommige van die kuns interaktief was, terwyl ander onkonvensionele metodes gebruik het.

Leerders van die Pretoria Tygervallei-skool Johan Marais (gr. 5), Anina van Deventer (gr. 6), Clarissa Nel (gr. 9) en Samé Joubert (gr. 3) het hul oomblik in die kollig gekry.

’n Pretoria-leerling Samé Joubert (gr. 3) se “Sirkuskat”

Lees: Mark your calendar: Don’t miss out on these amazing events!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version