Metro beoog om miljoene in onreëlmatige uitgawes terug te kry

Die Artikel-79A komitee beveel aan dat onreëlmatige uitgawes van R246-miljoen in die 2023/24 finansiële jaar teruggekry word.

Tshwane gaan munisipale beamptes vervolg om die R246-miljoen in onreëlmatige uitgawes te verhaal wat hul onlangs gedurende die finansiële jaar goedgekeur het.

Die metro het die munisipale openbare rekeningkomitee-verslae goedgekeur om die R246-miljoen gedurende die 2023-24 finansiële jaar terug te vorder.

Die Artikel 79A-komitee het aanbeveel dat die onreëlmatige uitgawes van R246-miljoen in die 2023/24 finansiële verhaal word na gevalle waar munisipale fondse sonder die behoorlike bemagting bestee is, of teenstrydig is met vasgestelde finansiële protokolle gedurende die onlangse fiskale jare.

Artikel-79 komiteelede. Foto: X/@TshwaneSpeaker

Die munisipale openbare rekeningskomitee, onder leiding van die voorsitter en stadsraadslid Kholofelo Morodi, sê dit is ’n belangrike stap om seker te maak dat openbare fondse gebruik word om die publiek te help.

“Vandag is ’n belangrike stap in ons voortdurende pogings om te verseker dat elke rand van openbare geld verantwoordelik bestee word volgens ons wette en regulasies. Die onreëlmatige uitgawes wat in hierdie verslae geïdentifiseer is ondermyn die vertroue van die publiek en doen afbreuk aan die hulpbronne wat beskikbaar is vir noodsaaklike dienste. Deur om beslissend op te tree om hierdie fondse vanaf die beamptes wat daarvoor verantwoordelik is te verkry, stuur ons ’n duidelike boodskap dat finansiële wanbestuur nie in Tshwane geduld word nie,” sê Morodi.

Die openbare deelname-vergadering vir die Jaarverslag vir die 2022/23 finansiële jaar. Foto: Facebook/Hannes Coetzee)

Artikel 79-komitees hou toesig oor die burgemeesterskomitee.

Die Artikel 70-verslae beskryf ’n wye verskeidenheid van onreëlmatighede, van verkrygingsprosesse wat mededingende bodvereistes omseil het, tot onreëlmatige uitgawes wat sonder die nodige goedkeuring aangegaan is.

Morodi sê die komitee se ondersoek en analise is bevorderlik in die identifisering van hierdie teenstrydighede en die formulering van aanbevelings om dit te verhaal.

“Die terugverkrygingsproses sal op ’n manier uitgevoer word wat deur wetlike raamwerke en munisipale beleide gelei word. Elke geval wat geïdentifiseer is, sal met omsigtigheid vervolg word om te verseker dat die fondsterugverkrying doeltreffend en effektief plaasvind. Die beamptes wat verantwoordelik bevind word vir hierdie onreëlmatige uitgawes sal verantwoordbaar volgens die reg gehou word, en toepaslike dissiplinêre maatreëls sal soos nodig ingestel word,” sê Morodi.

Morodi sê ook dat die komitee die belang daarvan erken om maatreëls in plek te stel om toekomstige gebeure van sulke onreëlmatige uitgawes te voorkom.

Die komitee sal met verskeie munisipale departmente betrokke wees om hierdie maatreëls in plek te stel, insluitende die verbetering van interne beheermaatreëls, die versterking van finansiële bestuursraamwerke en die voorsiening van omvattende opleiding aan beamptes oor nakoming en etiese gedrag in finansiële aangeleenthede.

Morodi sê dit demonstreer die komitee se verbintenis aan die diening en beskerming van metro-inwoners, sowel as aan openbare hulpbronne.

“The aksies van die komitee weerspiëel ’n standvastige verbintenis daaraan om ’n kultuur van verantwoording en integriteit te bevorder binne Tshwane. Die komitee sal aanhou om finansiële aktiwiteite streng te monitor en sal alle nodige maatreëls tref om openbare hulpbronne te beskerm. Tshwane bly toegewyd aan die diening van sy inwoners en die versekering dat munisipale bedrywighede met die uiterste deursigtigheid en verantwoordelikheid uitgevoer word. Inwoners en belanghebbendes word aangemoedig om ingelig en aangemoedig te wees oor die munisipaliteit se pogings om goeie bestuur en finansiële rentmeesterskap te bevorder,” sê Morodi.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

Exit mobile version