Local newsNews

Haarkapper breek wêreldrekord om kinders in nood te ondersteun

André Green se doelwit was 526 maar het op die ou end 540 mense se hare gesny.

Op 15 Junie het die plaaslike haarkapper André Green die Guinness-wêreldrekord gebreek vir die meeste mense se hare wat in 24 uur gesny is.

Die geleentheid, genaamd #cuts4childcare, het by West Café plaasgevind en enigiemand verwelkom wat bereid was om aan hierdie goeie doel deel te neem.

Die doelwit was om 526 mense se hare te sny.

Dit is gratis verskaf, met alle opbrengste wat aan die Abraham Kriel Kinderhuis geskenk is.

Die geleentheid het mense van oral gesien wat tougestaan het om Green se rekordpoging te ondersteun.

Elke haarsny was nie net ’n poging om die rekord te breek nie, maar ook ’n bydrae tot ’n groter doel, met al die ingesamelde fondse wat aan die kinderhuis geskenk is.

Hierdie fondse het ten doel om noodsaaklike ondersteuning aan kinders in nood te bied, asook om hul lewenskwaliteit en geleenthede vir die toekoms te verbeter.

Van die oggend vroeg was West Café gevul met die gegons van opgewondenheid.

Die gemeenskap het om Green saamgetrek, met vriende, familie en plaaslike inwoners wat hul ondersteuning aangebied het.

Green het onvermoeid gewerk en sy uitsonderlike vaardighede ten toon gestel.

Regdeur die 24-uur periode was Green se vasberadenheid en passie tasbaar.

Ten spyte van die fisiese en geestelike uitdagings van so ’n poging, het Green gefokus gebly, gedryf deur die missie om kinderhuis te ondersteun.

Green het baie trots, na ’n rowwe 24 uur, die Guiness Wêreld Rekord gebreek met 540 haarsnye.

Lees: Highland-geleentheid bring Skotse gees na Pretoria Boys High

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button