Desperate soektog na vermiste familiehond Mia

Die Jouberts het op 14 Mei in hul nuwe huis ingetrek, maar hul hondjies het nog nie by die onbekende omgewing aangepas nie.

’n Egpaar van die Moot, Mari en Willem Joubert, is hartseer oor die verdwyning van hul geliefde hond, Mia, wat die afgelope drie weke vermis word.

Die Jouberts het op 14 Mei in hul nuwe huis ingetrek, maar hul hondjies het nog nie by die onbekende omgewing aangepas nie.

Op die dag van die nasionale verkiesing het die egpaar vinnig huis toe gegaan om T-hemde te gaan haal.
“Ek vermoed sy het tussen die hek en die palisades uitgekom en agter my man aangehardloop,” sê Mari.

“Haar naam is Mia, en sy is twee jaar oud. Sy dra nie ’n bandjie om haar nek nie, want sy hou nie daarvan nie. Ons is baie hartseer dat sy net weg is. Niemand het al na vore gekom met enige inligting nie.”

Willem Joubert saam met Mia

Die Jouberts was onvermoeid in hul pogings om Mia te vind.

Hulle het pamflette op verskeie plekke uitgedeel, dit in posbusse versprei en plasings op talle Facebook-groepe gedeel, maar hul pogings het tot dusver geen resultate opgelewer nie.

Mari sê Mia se afwesigheid eis ’n emosionele tol op hul gesin, veral op Lulu, Mia se ma.

“Haar ma, Lulu, huil as sy buite is, en sy hou nie op nie. Iets sê vir my Mia is iewers naby. My man is baie hartseer. Dit was sy baba. My man is ’n man van min woorde met ’n klein hartjie.”

Willem brei uit oor hul deurlopende soekpogings: “Ons het pamflette by besighede uitgedeel en dit selfs op ligpale in Villieria geplak. Ons het ook haar foto op Facebook, Instagram en TikTok geplaas.

“Ons bied ’n R500-beloning aan enigiemand wat haar vind en aan ons terugbesorg,” sê Willem.

Die Jouberts pleit by die Moot-gemeenskap vir enige inligting wat kan lei tot Mia se veilige terugkeer.

Hulle bly hoopvol dat iemand iewers vir Mia gesien het en sal help om haar met haar familie te herenig.

As jy enige inligting oor Mia het, kontak asseblief vir Mari of Willem Joubert deur hul sosiale media-bladsye of die kontakinligting wat op die pamflette verskaf word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version