Local newsNews

Zaan Sonnekus se “Die Korste Hier” belowe om te boei

Dit het begin as ’n lighartige gesprek tussen vriende en gegroei tot ’n nuwe enkelsnit met ’n dieper boodskap.

Zaan Sonnekus, ’n ster op die alternatiewe Afrikaanse musiektoneel en wenner van ’n Aitsa-toekenning, het onlangs sy nuutste enkelsnit, “Die Kortste Hier”, bekendgestel.

Die liedjie, wat op 3 Mei op digitale platforms vrygestel is, is volgens Sonnekus ’n mengsel van eenvoud en diep betekenis, wat belowe om gehore te boei met sy unieke klank en boodskap.

Inspirasie vir “Die Kortste Hier” het toegeslaan tydens ’n lighartige gesprek tussen vriende.

Na ’n avontuurlike nag, het ’n vriend homself grappenderwys as “die coolste” verklaar, wat Sonnekus aangespoor het om terug te sê dat hy eerder “die kortste” is.

Hierdie spontane woordewisseling het die saadjie vir die liedjie geplant.

Zaan Sonnekus se nuwe enkelsnit – Die Kortste Hier.

Tog gaan “Die Kortste Hier” meer oor as net blote humor vir Sonnekus; dit dra vir hom ’n dieper boodskap oor eerlikheid en selfverwesenliking in die musiekbedryf.

“Ek glo dat die alternatiewe musiekgenre dikwels onderskat word in vergelyking met die meer kommersiële popmusiek wat uitgereik word. Hierdie liedjie is ’n oproep aan musiekliefhebbers om nie net die voorgeskrewe musikale pad te volg nie, maar om hul passie te volg en eg aan hulself te bly,” sê Sonnekus.

In die musiekvideo wat saam met die oudio-snit bekendgestel is, vertoon ’n verskeidenheid persoonlikhede, insluitend UFC-kampioen Dricus du Plessis, sosiale media en TV-persoonlikhede Talitha Joubert en Angelique Gerber, en die bekende musikant Francois van Coke.

Elkeen van dié persoonlikhede verteenwoordig ’n gees van volharding en egtheid wat kykers inspireer om getrou aan hulself te bly ten spyte van struikelblokke en neebroers.

Met “Die Kortste Hier” stel Sonnekus ’n liedjie bekend wat nie net dien as ’n bewys van kreatiwiteit nie, maar ook as ’n aanmoediging om mens se unieke stem dik te maak in ’n musiekwêreld wat dikwels die makliker pad kies.

Zaan Sonnekus saam met sy musiekgroep

Dit is ’n aanmaning om oorspronklikheid en egtheid te omhels, selfs al is dit makliker om die skare te volg.

Luisteraars word uitgenooi om “Die Kortste Hier” op hul voorkeur-musiekplatforms te geniet.
Kyk die video hier:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button