AdvertorialNews

Hoërskool Garsfontein se opwindende opedag onthul ’n Formule 1-geïnspireerde reis na sukses

Vir diegene wat hul liefde vir Sport, Kultuur en Akademie wil uitbrei, bied Garsfontein ’n wye verskeidenheid opwindende aktiwiteite aan en spog met kwaliteit en moderne fasiliteite. Van drama tot musiek – daar is iets vir elke smaak en belangstelling.

Op 24 April vanaf 14:30 tot 18:30, neem Hoërskool Garsfontein jou op ’n adrenalien-gedrewe reis na die toekoms tydens hul opwindende opedag.

Met ’n tema van Formule 1 en hul slagspreuk, “Ons plaas jou eerste op die podium”, beloof hierdie geleentheid om ’n ware wenner vir toekomstige leerders te wees.

In 2023 is Hoërskool Garsfontein as die nommer een skool in Gauteng aangewys, ’n prestasie wat die onderwysers en leerders se toewyding tot akademiese uitnemendheid beklemtoon. Met ’n indrukwekkende aanbod van 15 sportsoorte is dit geen wonder dat Garsfontein ’n reputasie het vir die kweek van sporttalent nie.

Vir diegene wat hul liefde vir Sport, Kultuur en Akademie wil uitbrei, bied Garsfontein ’n wye verskeidenheid opwindende aktiwiteite aan en spog met kwaliteit- en moderne fasiliteite. Van drama tot musiek – daar is iets vir elke smaak en belangstelling.

KYK HIER:

Maar dit is nie net dié aktiwiteite wat die skool die skool van keuse maak nie, dit is die mense agter die skool wat die skool se sukses verseker. Met personeel wat passievol is oor die welstand van hul leerders, kan ouers en leerders verseker wees dat hul toekoms in goeie hande is.

Vir laerskoolleerders wat op die punt is om die regte keuse te maak vir hul hoërskoolloopbaan, bied Garsfontein ’n omgewing waarin groei en ontwikkeling elke dag gestimuleer word.

As jy op soek is na ’n skool wat jou eerste op die podium plaas, kom ontdek wat Hoërskool Garsfontein jou bied.

Die tyd raak min om jou plek te bespreek, maak seker jy loop dit nie mis nie!

Bespreek jou podiumplek deur die skakel op die onderstaande logo te volg.

KYK HIER:

 

Back to top button