VF Plus verwelkom proses om toepassing van bywette te verbeter

Met toenemende misdaad voel die metro is 'n nuwe, gesamentelike benadering tot wetstoepassing en munisipale bywette nodig.

Die VF Plus steun die samestelling van ’n geïntegreerde komitee vir die Tshwane-metro om munisipale bywette toe te pas.

Hierdie komitee sal bestaan uit verskeie departemente om toekomstige samewerking te vergemaklik.

So sê Grandi Theunissen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid.

Gedurende ’n onlangse vergadering het metrobeamptes die geleentheid gekry om self die doelwitte van die komitee te bespreek en te bepaal.

Tydens die werksessies is algemene bywet-oortredings, bestaande leemtes in bywettoepassing, inwoners se tevredenheid met die toepassing van regulasies, die behoefte aan oorsig, potensiële wettige en nie-wettige vennote in die bywettoepassing, hulpbronne wat benodig word en huidige struikelblokke en die vereistes vir die suksesvolle vervolging van oortreders, bespreek.

LEES: Police need help to find man from Mamelodi East

Theunissen meen Tshwane se toenemende kultuur van wetteloosheid het hierdie proses genoodsaak.

“Verskeie faktore het gelei tot ’n toename in misdaad. Indien die metro weer ’n staat van wet en orde wil vestig, moet daar beter koördinering van die toepassing van bywette wees,” verduidelik hy.

Tydens die werksessies is die behoefte geïdentifiseer om ’n nuwe en verbeterde benadering tot die toepassing van bywette uit te oefen.

Thuenissen glo verskeie departemente se samewerking word daarvoor benodig.

Hy verduidelik inwoners is dikwels onder die indruk dat dit net die Tshwane-metro polisiediens se verantwoordelikheid is wanneer dit by wetstoepassing kom.

Volgens Theunissen kan bywette deur verskeie ander departemente toegepas en afgedwing word terwyl die metro se polisiediens ’n ondersteunende rol speel.

“Samewerking is belangrik en die doel is om ’n gesamentlike toepassingsentrum op die been te bring,” sê Theunissen.

Hy het die hoof van die metropolisie, kommissaris Yolanda Faro, en haar span van die metropolisie bedank vir hul harde werk.

“Ons wens die geïntegreerde bywettoepassingskomitee sukses en wysheid toe met hul werk en die uitvoering van hul mandaat,” sê Theunissen.

LEES: Equestria residents band together to clean and beautify their area

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

Exit mobile version