EntertainmentLocal newsNews

Banting-mark moedig gemeenskap aan om gesonde leefstyl na te streef

Die Banting/keto/suikervrye mark het onstaan uit ’n groot behoefte aan lae-koolhidraatkos wat gesonde vette en geen suiker bevat.

Pretoria se gewilde Brooklyn Banting mark het die afgelope naweek weer verskeie inwoners gelok met ’n avontuur van smaak en gees.

Volgens die organiseerder, Karin Loots, bestaan die mark al vanaf Maart 2015.

“Ons vier ons 9e suksesvolle verjaarsdag in Maart,” vertel Loots.

“Die Banting/keto/suikervrye mark het onstaan uit ’n groot behoefte aan lae-koolhidraatkos wat gesonde vette en geen suiker bevat. Ons spreek die behoefte aan vir mense wat die banting- en keto-leefstyl volg, vir diabete en ook kliënte wat graag suiker en gluten uit hul dieet wil sny.”

Die mark bestaan uit meer as 50 stalletjies. Elke verkoper gaan deur ’n keuringsproses waar gekyk word na die bestanddele in hul produkte.

“Ons werk saam met ’n keto-dieetkundige om te help met die keuring,” sê Loots.

Elna van Zyl.
Robert en Estelle Pretorius saam met Savon Hurter.
Dineo Matlhare en Ntokozo Mthembu.

Die groot verskeidenheid van stalletjies bied vir kliënte die geleentheid om hul maandelikse inkopies te doen, alles onder een dak.

Die mark bied die mees omvattende reeks banting- en keto-vriendelike produkte, van gesonde lekkernye en smaakvolle etes tot doeltreffende aanvullings asook baie ander goed soos velsorg met skoon bestanddele en gesonde troeteldier-opsies

“Ons mark gaan elke jaar van krag tot krag en moedig die gemeenskap aan om ’n gesonde leefstyl na te streef.

“Dit is elke eerste Saterdag van die maand op die boonste parkeerarea van Brooklyn Mall. Toegang tot die mark is gratis. Baie onderdak parkeerplek. Troeteldiere is welkom.”

Die volgende mark vind op 3 Februarie plaas van 09:00 tot 14:00.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button