Die Centurion Teater het reeds in November hul bestaansjaar in styl gevier, maar vanjaar se drie Kerspartytjies aan die begin van Desember was ook glansgeleenthede vol ou en nuwe vriende, teaterliefhebbers en familie.
Die aand vol goeie wyne, aangebied met komiese anekdotes deur onafhanklike wynkonsultant, Judith Lee, en vergesel van Kersfeeskos deur die teatersjef, Jan Kirsten-Lubbe, was ’n Kersviering wat niemand gou sal kan vergeet nie.
Die Kelder-restaurant is vir die geleenthede gebruik maar het van voorkoms verander met vrolike Kersversierings en ’n liggiesboom.
“Ons vier nie net ’n verjaarsdag of Kersfees nie, maar ’n ryk erfenis van kreatiwiteit, uitnemendheid en betrokkenheid,” het eienaar Tiaan Kirsten-Lubbe tydens die geleentheid gesê.
Drie studente aan die teater se kunsteskool, Scenario College, Chené Bernman, Rix Haji-Loucas en Marlon Rossouw, het ’n groep Kerssangers gevorm. Hulle het verskeie tradisionele liedjies sowel as gewilde treffers rondom Kersfees soos die trefferliedjie “All I want for Christmas” uit die film Love Actually gesing.
LEES OOK: Video beteken moontlike nuwe tradisie by Afrikaanse Hoër Meisiekool
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.