EntertainmentLocal newsNews

Vroeë Kersvieringe bring vreugde in teater se verjaarsdagjaar

Drie geleenthede van Kersfeesvieringe aan die begin van Desember het ook deel uitgemaak van die Centurion Teater se 30e bestaansjaarvieringe.

Die Centurion Teater het reeds in November hul bestaansjaar in styl gevier, maar vanjaar se drie Kerspartytjies aan die begin van Desember was ook glansgeleenthede vol ou en nuwe vriende, teaterliefhebbers en familie.

Een van die Kerssangers, Marlon Rossouw. Foto: Elize Parker

Die aand vol goeie wyne, aangebied met komiese anekdotes deur onafhanklike wynkonsultant, Judith Lee, en vergesel van Kersfeeskos deur die teatersjef, Jan Kirsten-Lubbe, was ’n Kersviering wat niemand gou sal kan vergeet nie.

Die Kelder-restaurant is vir die geleenthede gebruik maar het van voorkoms verander met vrolike Kersversierings en ’n liggiesboom.

Kobus Kemp en Marliene Loubser van Moreleta Park. Foto: Elize Parker
André en Hilda Smuts van Centurion. Foto: Elize Parker

“Ons vier nie net ’n verjaarsdag of Kersfees nie, maar ’n ryk erfenis van kreatiwiteit, uitnemendheid en betrokkenheid,” het eienaar Tiaan Kirsten-Lubbe tydens die geleentheid gesê.

Drie studente aan die teater se kunsteskool, Scenario College, Chené Bernman, Rix Haji-Loucas en Marlon Rossouw, het ’n groep Kerssangers gevorm. Hulle het verskeie tradisionele liedjies sowel as gewilde treffers rondom Kersfees soos die trefferliedjie “All I want for Christmas” uit die film Love Actually gesing.

Sjef Jan Kirsten-Lubbe. Foto:Elize Parker
Die Centurion-teater het spesiaal ‘n Kersbaadjie aangetrek vir die vrolike Kersvieringe. Benittte Mbuyu het gaste verwelkom in die teaterrestaurant. Foto: Elize Parker
Rachel van Wyk van Mountain View. Foto: Elize Parker

LEES OOK: Video beteken moontlike nuwe tradisie by Afrikaanse Hoër Meisiekool

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button