Local newsNews

Analis meen koalisiepolitiek nou nodiger as ooit vantevore

'n Politieke analis meen koalisiepolitiek in Tshwane soos met die pasafgelope tussenverkiesings, wys om sukses te behaal is nuwe konsensus nodig om vooroordele te verminder en samewerking te bevorder.

“Suid-Afrika is in ’n smeltkroes van verandering en kan nie nog vyf jaar van ANC-regering bekostig nie. Soos in die tagtigs en negentiger jare benodig Suid-Afrika ’n groot politieke herskikking.”

Só het prof. André Duvenhage, politieke analis, aan ’n gehoor van meer as 100 sakelui van die Pretoria Sakekamer op 23 November gesê.

Duvenhage is deur die voorsitter van die Sakekamer, Fergus Ferguson, genooi om lede ’n blik op koalisiepolitiek te gee.

Hy meen opposisie-koalisies het ’n breë basis van samewerking nodig en hier kan sakelui ’n rol speel.

“Sukses hiermee impliseer ook nuwe politieke spelreëls wat bemeester moet word en ’n burgerlike samelewing en korporatiewe wêreld se ondersteunende betrokkenheid,” sê Duvenhage.

Christo Bester en Fergus Ferguson
Rudolf Rautenbach, Jas Smit en dr. Johan Coetzee

Hy noem hierdie tydgleuf voor die 2024-verkiesing ’n waterskeidingtyd vir die Suid-Afrikaanse politiek.

“Hierdie tyd van diepliggende hervorming op talle vlakke, asook op stadsraadsvlak, is ’n moeilike pad, maar ongetwyfeld die regte een,” benadruk hy.

Hy het groot lof vir hoe die burgemeester van Tshwane, Cilliers Brink, juis vanjaar sterk gestaan het teen elemente wat die stabiliteit van Tshwane en die stadsraad onder risiko geplaas het.

Duvenhage glo ook Brink het die regte aanslag in die koalisiepolitiek in Tshwane om die moeilike besluite wat geneem moet word, deur te trek na die stadsraad en uit te voer.

Carien Bloem en Sulet Smit
Bennie van Zyl en Jake Stolts

“Koalisiepolitiek soos onlangs deurgevoer in Tshwane, bied moontlikhede en gee Suid-Afrikaeners hoop om ontslae te raak van regerings wat nie die beste belange van inwoners dien nie,” meen hy.

Hy het groot respek vir die burgemeester se manier van hantering van die onlangse onwettige staking.

“Brink het die stad gelei deur ’n proses van ondermyning, afdreiging en kriminaliteit deur werknemers tot by ’n onderhandelingstafel om dienslewering weer ingestel te kry. Ek het respek vir hom dat hy bly staan het en vir inwoners en sy stad geveg het,” sê hy.

Die voorsitter van die Pretoria Sakekamer, Fergus Ferguson, het by Duvenhage se pleidooi vir sakelui aangesluit om hande te vat in belang van ekonomiese voorspoed en stabiliteit.

“Dis ons as Sakekamer se uitgangspunt dat ons sakelui kan mobiliseer om deel van die oplossing te word en steeds die fokus te hou om Pretoria ’n wêreldklassentrum te maak,” sê hy.

Volgens Ferguson is solidariteit op vele gebiede deel van hierdie oplossing.

“Ons sal moet saamstaan en ons stem in die 2024-verkiesing sowel as stemme as sakelui laat geld in Pretoria. Deur stil te bly, gee jy eintlik toestemming vir die bestaande stelsel om voort te gaan. Ons moet doen wat in die beste belang van die stad se inwoners is,” benadruk hy.

Leon Jordaan, Alma Darlington en Sias Vermaak

 

LEES OOK: Pistorius to be released on parole on January 5

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button