Metro-beamptes in hof vir roof, ontvoering en aanranding

Metro-polisiebeamptes sal weer in Maart volgende jaar in die hof verskyn vir beweerde misdade sover terug dateer as 2017.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid verteenwoordig nou nóg vier slagoffers in sake teen beamptes van die Tshwane metropolisie.

Hierdie beskuldigdes kom aangekla vir misdade soos roof, ontvoering en aanranding, sê kommunikasiebestuurder van die eenheid, Barry Bateman.

Johnson Lebombo en Aubrey Phalane het gister in die Pretoria-landdroshof verskyn.

Die eenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag op namens die slagoffers.

Die saak is uitgestel tot 7 Maart 2024 sodat die verdediging hul verteenwoordiging aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings kan voorlê.

Hierdie nuwe sake dateer sover as 2017 terug en is onder meer by die polisiekantore in Erasmia, Olievenhoutbosch en Garsfontein aangemeld.

Die verdagtes word ook ondersoek in verskeie interne dissiplinêre sake wat verband hou met soortgelyke aantygings.

Hulle is intussen geskors.

Die eenheid het voorheen ook saam met Grandi Theunissen, die Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid, gestaan teen korrupsie en misdaad in die Tshwane metropolisie.

“Die privaatvervolgingseenheid staan sterk in die stryd teen korrupsie en die misbruik van magte deur wetstoepassers,” sê Bateman.

Hy versoek dat lede van die publiek moet die regte ding doen en na vore kom om te verseker dat diegene wat hul magsposisies misbruik om hulself te verryk uiteindelik aan die pen ry.

“Die eenheid sal voortgaan om slagoffers van hierdie tipe misdade te ondersteun,” maan Bateman.

Lees: SAPS looking for missing Olievenhoutbosch woman

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version