EntertainmentLocal newsNews

Aitsa-toekennings dui op groeiende Afrikaanse musiektalent

Die groot aantal inskrywings vir die Nuweling van die Jaar-kategorie dui aan op die reeds groeiende talentpoel van Afrikaanse musiek.

Pretoria se Afrikaanse kunstenaars staan al reg vir die jaarlikse Aitsa-toekennings wat binnekort bekendgemaak gaan word.

Vanjaar se musiektoekennings het weereens ’n rekord aantal inskrywings van 449 opgelewer. Slegs snitte wat vanaf 1 April 2022 tot 31 Maart 2023 uitgereik is, kon vir vanjaar se toekenningsgeleentheid ingeskryf word.

Die gewilde kategorieë was onder andere vir Liedjieskrywer, Luisterliedjie, Musiekvideo en Nuweling van die Jaar. Die groot aantal inskrywings vir Nuweling van die Jaar is ’n aanduiding van die reeds groeiende talentpoel van Afrikaanse musiek.

Beoordeling van al die snitte het op 7 en 8 Junie plaasgevind deur ’n paneel onafhanklike beoordelaars, wat jaarliks aangewys op grond van hul toepaslike ervaring en kundigheid.

Hulle spandeer ure van hul tyd om noukeurig na elke snit te luister en punte volgens die kriteria toe te ken.

Dewald Gouws

Die beoordelaars was Carlé van Deventer, AJ Opperman, Rian Swanepoel, Rèvan Lüus en Anza-Annaretha Naude.

Die uitslae van die beoordelaars word deur die Aitsa Trust se ouditeure geverifieer, wat reeds van die begin af in 2019 by die Aitsas betrokke is.

Vanjaar se Aitsa-inskrywings is ook ’n duidelike bewys van hoeveel nuwe talent vir Suid-Afrika wink, met sterk aanslae in die Alternatiewe/rock- en Pop-afdelings.

’n Duidelike dinamika verskil in die hedendaagse musiek is ook merkbaar; wat kragte van groei, ontwikkeling of verandering in die Afrikaanse musiekbedryf stimuleer.

Finaliste in die onderskeie kategorieë word weekliks aan die publiek bekend gestel tydens ’n program wat Vrydagaande onder leiding van Riaan Grobler om 20:15 op Pretoria FM uitgesaai word.

Die toekenningsgeleentheid is ’n spoggeleentheid en vind hierdie jaar op 19 September by die Choose Life-ouditorium in Moreletapark plaas. Kunstenaars wat tydens dié geleentheid gaan optree is Jo Black, Herman Kleinhans, Samantha Leonard, Bernice West, Scheppel, Rooksein, Zaan Sonnekus, Eloff, Brendon Peyper en Dodo Nyoka.

Zaan Sonnekus

Die splinternuwe kategorie MyKunstenaar: Publieke Stemme beloof ’n hoogtepunt te wees. Die publiek kry tot 28 Augustus die geleentheid om vir hul gunstelingkunstenaar te stem. Gaan kyk gerus op Pretoria FM se webblad by www.pretoriafm.co.za en stem vir jou gunstelingkunstenaar!

Hierdie jaar se toekennings beloof ’n tentoonstelling van die beste in Afrikaanse musiek te wees. ’n Glansgeleentheid waar jy gemaklik kan sit, erkenning kan gee aan die beste en ook jou gunstelinge sien optree. En natuurlik gaan Hannes van Wyk en Deidré Gardiner as seremoniemeesters jou lekker laat lag.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button