Local newsNewsSchoolsSchools galleries

Eerste dag van die res van hul skoolloopbane

Graad Eentjies maak hul buiging by Lardies

Dit was ’n groot dag vir ’n hele klomp nuwe graadeentjies wat hul 12 jaar skoolreis met glimlagte en opgewondenheid begin het.

Ouers en onderwysers het hande gevat om die jongetjies op hul gemak te laat voel en die nuwigheid van “groot skool” makliker te maak.

Danie Campher in die graad 1 Skapie-klas by Laerskool Elarduspark is reg vir die skool se 40-jaar- feesvieringe.

Die skoolgelukbringer, Blink! het gou-gou met die kinders begin gesels en die ys gebreek. Toe dit tyd word om pa en ma te groet, was almal al tuis. So tuis meeste van hulle het nie eers agtergekom die ouers was reeds weg nie.

Tweeling, Olivia (in die Voëltjie-klas) en Sophia (in die Pikkewyntjie-klas) saam met hul ouers, Sonja en Jean Eksteen besig om die klok te lui wat die eerste dag van hul skoolloopbaan by Laerskool Elarduspark aankondig.
Leah de Wet en Louis Dreyer in die graad 1 Bytjie-klas saam met hulle juffrou, Marietjie Venter wat al 31 jaar graad 1-leerders die lewe in stuur by Laerskool Elarduspark.

Die dag het glad verloop en as dit ’n aanduiding is van hoe hierdie groepie se skoolloopbane gaan verloop, kan mens dankbaar wees vir onderwysers wat weet hoe om die eerste dag se senuwees te verlig.

Jayden Pieterse is in die graad 1 Skapie-klas, hier saam met die skoolgelukbringer, naamlik Blink!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

Back to top button