GalleriesKidsLifestyleNewsSchoolsSchools galleries

SCHOOL: Oosie-braai vir Erfenisdag

Die kole het reeds Donderdag vroeg op die skoolgronde gebrand waar leerders n braaiboordjie op die vuur kon pak om te kyk wie met die lekkerste resep vorendag gekom het.

’n Feestelike atmosfeer het die afgelope week onder die leerders van Hoërskool Oos-Moot met die oog op Erfenisdag geheers.

Dié jaarlikse gebeurtenis, ook bekend as Braaidag, word nasionaal op Vrydag, 24 September gevier.

Jolandi de Jager.
Jana van der Merwe.

Die kole het reeds Donderdag vroeg op die skoolgronde gebrand waar leerders ’n braaiboordjie op die vuur kon pak om te kyk wie met die lekkerste resep vorendag kom.

As jy gedink het dat ’n braaibroodjie net ’n southappie is, het jy nog nie van gasvryheidstudies se Wieke de Wet se “uit-die-boks-uit” gehad nie.

Dié graad 10-leerder, het met ’n soet-suur initiatief vorendag gekom.

Die naam van haar vernuf, is die “braaiklawa”.

Xander Hugo.
Wian Pienaar.

“Ek het die pitabrood self gemaak. Pistachio- en pekaneute met amandels is van die vulsels wat ek fyn gekap het. Ook is daar rosyntjies en rooibosbessies wat tussen die lae gepak is. Saam met dit, het ek ’n lemoen- en heuningstroop met room bedien.

“Dit is gebaseer op die Griekse-poeding, baklava,” sê sy.

Andonia Botha, Zané du Toit en Stephanie Louw.
Anke Eloff en Celine Viljoen.

Die beoordelaars het wenners op die voorkoms, smaak, tekstuur, oorspronklikheid en netheid beoordeel.

Die seun en die dogter met die beste braaibroodjie, sal elk met ’n paar vellies wegstap. Die kampioene word Maandag tydens saalperiode aangekondig.

Tesame met die goeie gees wat op die dag geheers het, het leerders aan ’n sakresies deelgeneem. Vroeër die week, het leerders selfs tydens pouse, ’n paar disse probeer waarna hulle moes raai wat hulle geproe het.

Delia Steyn en Christi Strijdom.
Noelanie Smit en Yvonne Kruger.

Die leerders het ’n verskeidenheid disse soos mieliepap, melktert, koeksisters, kaiings en selfs mopaniewurms geproe.

Hierdie week, het as Kweek Week bekendgestaan. Die tipiese eierresies asook “musical chairs” is van die aktiwiteite wat deur die week plaasgevind het.

JJ Maré gesels oor die week se gebeure: 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Back to top button