Mnr en Mej Garsie 2020 word gekroon

Hoërskool Garsfontein leerders Kayla Langley en Kerneels Coertze is as Mnr en Mej Garsie 2020 gekroon.

Hoërskool Garsfontein leerders Kayla Langley en Kerneels Coertze is as Mnr en Mej Garsie 2020 gekroon.

Oud-Garsies Reynardt Hugo (komediant) en Kirsten Richard (sanger) het by die skool tydens die kroning opgetree.

Christa-Louie Kannemeyer, van Class Act Produksies, het die choreografie “#youdoyou” aan die gehoor bekendgestel.

Elke paarjtie het ’n tema uit ’n hoed getrek wat hul dan moes uitbeeld met toepaslike musiek en kostuums.

SMARTGUY & SMARTBRIDE was die hoof-afdeling waarin leerders die kreatiefste kon wees. Die meisies het geskitter in hul pragtige rokke en die seuns het baie aantreklik in hul aandpakke gelyk.

Die hoogtepunte van die aand:

– Die Debutant van die Jaar: Inette van Schalkwyk.

– Mnr en Mej Persoonlikheid: MJ Nel en Liné Janse van Rensburg.

– Mnr en Mej Fotogenies is deur die fotograaf Elizabeth Olivier-Kahlau gekies. Kerneels Coertze en Jenice Heath is hier as wenners aangewys.

– Mnr en Mej Garsie: Kerneels Coertze en Kayla Langley.

– Die Eerste Prins en Prinses: Robert Denny en Inette van Schalkwyk

– Die Tweede Prins en Prinses: Marnus Claassens en Layla de Andrade.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version