GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Woeries revue illumineer

“Illumina” het die skare laat gons en komplimente van oral het ingestroom.

Hoërskool Centurion se 2019 revue was in ’n klas van sy eie.

Met vanjaar se tema “Illumina”, het elke deelnemer gekies om ’n ster, wat sy eie lig laat skyn, te wees.

Die lewensvonk was reeds met die openingswoorde “We love, play, dance and let the music ring” aangesteek en gegroei met ritme en passie.

“Vul’indlela” (Open the gates) het die gehoor uitgenooi om hul harte oop te maak en ontvanklik vir die glans en skittering van die vertoning te wees.

“Illumina” het die skare laat gons en komplimente van oral het ingestroom.

Met kleur, klank, beweging en emosies het 300 Woeries hul jeugdigheid gevier en uitgeleef.

Hulle het op ’n georganiseerde en gekoördineerde manier uiting aan hul drome en passies gegee.

Die produksiespan, onder leiding van me. Susan Hattingh, verdien groot lof vir hul ongelooflike insette. Baie dankie aan élke deelnemer, afrigter, choreograaf, organiseerder en almal agter die skerms vir hul besondere toewyding en opoffering.

Hoërskool Centurion se revue 2019. Foto: Verskaf

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button