Rekordgetal meisies by HTS John Vorster

Vir die eerste keer ooit, spog HTS John Vorster met 'n toenemende groep meisies-leerlinge.

’n Rekordgetal van 63 meisies is ingeskryf is by HTS John Vorster hierdie jaar.

Die skool raak toenemend ’n gewilde keuse as ’n hoërskool vir meisies.

Meisies-aansoeke by HTS John Vorster word jaarliks met ’n fyn kam deurgegaan aangesien die skool ’n gespesialiseerde skool is met ’n uiters uitdagende vakpakket.

Wiskunde en fisiese wetenskappe is vir alle leerders verpligte vakke en juis daarom moet die meisies wat hier inskryf ’n baie hoë akademiese standaard handhaaf.

Die skool is baie trots op hul meisies wat ook baie goed presteer op die sportgebied, veral netbal.

Die meisie-spanne van HTS John Vorster het al die liga gewen waarin hulle deelneem – werklik ’n groot prestasie as mens in ag neem dat daar soms net genoeg meisies in ’n ouderdomsgroep is om in ’n span te speel.

Vanaf 2018 het die skool ook begin om sagtebal aan te bied en word daar met groot afwagting uitgesien na hulle prestasies op die gebied.

Die hoof en personeel is waarlik trots op hul meisies wat altyd ’n toonbeeld van vroulikheid is en oral waar hulle kom uitstaan as trotse JV-verteenwoordigers van die skool.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Exit mobile version