GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

Rekordgetal meisies in HTS John Vorster

HTS John Vorster spog met 'n rekordgetal skoolmeisies in 2019.

Hoër Tegniese Skool John Vorster herskryf hierdie jaar die geskiedenisboeke met ’n rekordgetal van 63 meisies wat ingeskryf is.

Die hoërskool raak toenemend ’n gewilde keuse onder meisies.

Meisies-aansoeke by die skool word jaarliks fyn deurgegaan aangesien die skool ’n gespesialiseerde skool is met ’n uiters uitdagende vakpakket.

Wiskunde en fisiese wetenskappe is vir alle leerders verpligte vakke en juis daarom moet die meisies wat hier inskryf ’n baie hoë akademiese standaard handhaaf.

“Ons is baie trots op ons meisies wat ook baie goed presteer op die sportgebied, veral netbal,” sê die skool.

“Die meisie-spanne van HTS John Vorster het al die ligas gewen waarin hulle deelneem – werklik ’n groot prestasie as mens in ag neem dat daar soms net genoeg dogters in ’n ouderdomsgroep is om in ’n span te speel.”

Vanaf 2018 het die skool ook begin om sagtebal vir die meisies aan te bied.

“Ons sien met groot verwagting uit na hulle prestasies op dié gebied,” sê die skool.

“Die hoof en personeel is waarlik trots op ons skoolmeisies wat altyd ’n toonbeeld van vroulikheid is en oral waar hulle kom uitstaan as trotse JV-verteenwoordigers.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

Back to top button